Oopmaak van ’n bottel
- Verwyder die boonste deel van die foeliekappie om die nek van die bottel deur dit netjies met ’n mes los te sny.
- Verwyder die kurkprop met ’n botteloopmaker en maak seker die bottelnek is skoon voor jy die wyn skink.
Skink van wyn
- Wees versigtig dat die bottelnek nie aan die rand van die glas raak nie. Draai die bottel liggies sodra jy klaar geskink het om te keer dat druppels op die tafel mors.
- Rooiwynbottels kom op die tafel en wit- en vonkelwynbottels word langs die tafel in yshouers gesit.
- Lapservette kan om die bottels se nekke gedraai word om te keer dat water van die ysbak drup wanneer jy skink. Drankwinkels het ’n hele paar foefies wat die skinkslag kan vergemaklik.