Brandewyn is verreweg Suid-Afrikaners se gunstelingdrankie – meer as 45 miljoen liter van dié hardehout word jaarliks hier verkoop! Suid-Afrika is ook die wêreld se vyfde grootste produsent, wat meebring dat ons uit ’n groot verskeidenheid brandwyne kan kies. Sekere brandewyne word hoofsaaklik in mengeldrankies saam met kola, gemmerlim en kinawater gebruik. Maar die premium landgoed-brandewyne moet sonder byvoegsels gedrink en waardeer word, hoogstens met ’n ysblokkie of twee, of ’n bietjie water.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Brandewyn is uniek omdat dit die enigste drank is wat van ’n ander alkoholiese drank – wyn – gemaak word. Dit word moontlik gemaak deur die natuurlike proses van distillasie waarby die vog in die wyn verdamp en weer kondenseer. Die woord “distil” kom van die Latynse woord “distillare” wat “om af te val” beteken. Van dié brandewyne is tot 12 jaar oud. Ná veroudering word die brandewyn deur gestapelde Franse eikehoutvate getap om vermeng te word. Dit word die Solera-stelsel genoem, en is ’n arbeidsintensiewe manier van vermenging, want die inhoud van elke vat op die stapel word altyd van bo af aangevul – dit sorg vir ’n sygladde en gebalanseerde eindresultaat.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Hier is een van ons gunstelingmaniere om brandewyn op ’n koue Wintersaand te bedien. Jy hoef nie duur landgoedbrandewyn hiervoor te gebruik nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Sy is nie net die eerste dowe vrou om as Mej. Suid-Afrika gekroon te word…
Het jy geweet dat meer vroue jaarliks aan hartvatsiektes en beroertes sterf as mans? Gelukkig kan…
Resep: 'Dairy Gives You Go' Bestanddele 1 ½ koppie gladde medium-vet maaskaas – kamer…
Daar is baie maniere en wenke om vetplante te laat gedy. Hier is nege wenke…
As Karlien van Jaarsveld die horlosie kon terugdraai, sou sy dieselfde keuses gemaak het, want…
Resep: 'Dairy Gives You Go' Bestanddele 2 koppies koekmeel ¾ koppie Amasi ¼…
Hierdie webwerf gebruik koekies.