kategorieë: Leef gesondGesondheid

Keer verkoues so!

Het jy geweet jy kan met ’n pil wat by jou verkouefase pas jou verkoue verkort, verlig of selfs heeltemal weghou? Ons het die Cochrane Libraries deurgewerk om te kyk wátter van al die verkouemiddels regtig help, wanneer hulle help en watter geldmors is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

(Dié navorsingswebwerf spesialiseer in meta-ondersoeke. Al die navorsing oor ’n onderwerp word saam geëvalueer om ’n geheelprentjie te probeer vorm.)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Keer verkoues met …

1 ’n Bederfdingetjie

Talle ondersoeke wys dat die verkoue-virusse eintlik nie so maklik aansteek of mense siek maak nie. Hulle kan selfs in jou neus beland en niks meer as ’n krieweling veroorsaak nie. Die sleutel is stres – sielkundig en fisiek.  Fisieke moegheid omdat jy te min slaap, te hard werk of te veel oefen, verswak jou immuunstelsel. Emosionele stres verhoog jou kortisolvlakke, wat jou immuunstelsel onderdruk. Help jou immuunstelsel deur jou lyf te laat rus en jou kop te laat ontspan met iets wat suiwer plesier is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Probiotika

Probiotika is een van die onderskatte verkoue-middels, sê die Cochrane-verslae. Gereelde gebruikers van probiotika het nie net minder verkoues gekry nie maar hul verkoues het korter geduur, hulle het minder kere antibio-tika vir komplikasies nodig gehad, en hulle was minder van die skool of werk afwesig.

3 Knoffel

Die meeste van ons kry twee tot vier verkoues per jaar. ’n Cochrane-vergelyking het gewys dat knoffel verkoues met minstens die helfte verminder – jy kan met een of twee verkoues per jaar wegkom. Dit is nou as jy in die wintermaande elke dag knoffel of ’n knoffelpil gebruik.

Werk vars knoffel? Vermoedelik ja, maar met ’n knoffelpil kry jy genoeg knoffel, terwyl jy waarskynlik nie elke dag genoeg knoffel sal eet nie.

Oppas vir klaarbereide, gekapte knoffel in olie. Dit is dikwels niks anders as uie in knoffelgegeurde olie nie, en sal niks help nie.

Wat van knoffel as jy reeds verkoue het? Dan is dit te laat vir knoffel. Jy sal nie vinniger van jou verkoue herstel nie.

Lees ook: Jy vra: Hoekom kry mens net in die winter griep?

Verlig jou verkoue met …

1 Vitamien C

Volgens die Cochrane-verslae help dit nie om elke dag deur die winter vitamien C te drink om verkoue te keer nie. Maar ekstra vitamien C wanneer jy reeds ’n verkoue het, sorg vir ’n ligter verkoue wat boonop gouer verby is. Doen jy harde wintersport? Volgens Cochrane help vitamien C vóór jou rugby- of oefensessie om jou teen verkoues te beskerm.

2 Pelargonium (malva-ekstrak)

Die Cochrane-uitspraak was dat dit beduidend help om brongitis en sinusitis te genees. Maar hulle wys ook daarop dat daar beslis tekens van publi-kasievooroordeel is, met ander woorde daar is probleme soos dat die navorsing deur die vervaardigers van die produkte gesubsi-dieer of gedoen is.

3 Aspiriene

Aspiriene, ibuprofeen en naprokseen verlig beslis jou olikheid – veral lyfseer, gewrigpyne, oorpyn en kopseer. Dit help ook dat jy beduidend minder nies. Maar dit help min vir koors, hoes of om die swelling in jou sinusse te verlig. Dit sal ook nie help dat jy gouer op die been is nie.

4 Parasetamol

Sal jy beter voel as jy parasetamol drink om jou olikheid te verlig? Die navorsers sê die uitslae weerspreek mekaar. Hulle kan jou nie parasetamol aanbeveel of afraai nie.

Kry dit gouer oor met …

1 Sink

Jou verkoue sal gouer oor wees as jy sink begin gebruik binne 24 uur vandat jy voel ’n verkoue is aan die kom. Maar dan moet jy genoeg sink inneem – minstens 75 mg per dag. Party mense voel naar daarvan. Sal jy verkoues weghou deur elke dag sink te drink? Nee, ongelukkig nie.

2 Echinacea

Die resultate was baie wisselvallig. Die outeurs vermoed dit gaan oor die gehalte. Topgehalte-produkte met ’n hoë konsen-trasie echinacea kan die duur van verkoues verkort, terwyl “flou” produkte jou net geld uit die sak jaag. Blykbaar ontwikkel ’n beduidende groep mense newe-effekte van echinacea. Onthou ook dat echinacea die Pil minder doeltreffend maak. Oppas vir swangerskap weens jou verkoue!

3 Soutspoeling

Dit help. Maar die verskil is bra klein. Sinusspoelers se verkoues is maar net ’n halwe dag korter. Hulle is ook ’n dag of wat minder van die werk afwesig. Sout-spoeling kan die slymvliese uitdroog. Dit kan ’n voordeel wees as jou neus baie loop. Maar dit kan nadelig wees omdat neusslym juis die doderselle bevat wat die verkoue-virusse moet vernietig.

Dankie tog!

• Eintlik is die kans is klein dat ’n mens griep kry. Die London School of Hygiene het vasgestel dat volwassenes net twee keer in tien jaar griep kry. Kinders en tieners is minder gelukkig: griep trek hulle gemiddeld een keer in twee jaar plat. Een voordeel van ouer word, is darem dat jy minder gereeld griep kry.

• Word jy wraggies hondsiek? Verkoues kan deur ánder virusse, soos die Corona- en Rhino-virusse veroorsaak word, waarvan jy ook baie siek kan word.

• Egte griep word net deur die influensavirus veroorsaak, en griepvaksien werk nét om influensa te keer.

• Waarom kry ons net in die winter griep? Om dit eenvoudig te stel: Die influensavirus is deur ’n vetlagie omhul. In die somer smelt die vetlagie en daarom sterf die virus maklik. Hoe kouer, hoe stewiger is sy omhulsel, en hoe beter oorleef hy. Daarom is influensavirusse in die winter volop.

Lees ook: Hoekom jy nie moet oefen as jy griep of verkoue het nie

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.