kategorieë: Gesondheid

Hoe voel dit as jy ’n katarak of gloukoom het?

Hoe voel dit as jy ’n katarak of gloukoom het?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die meeste van ons kom gou agter as ons effens slegter lees. Die maklikste en suksesvolste oplossing op aarde is ’n bril of kontaklense. Ons maak gou vrede daarmee want hulle herstel ons vermoë om te kan sien en normaal met ons lewens aan te gaan absoluut oombliklik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maar wat as jy op ’n dag sleg sien weens ‘n katarakte of gloukoom? Gaan ’n bril of lense jou hieruit help?
Kom ons begin by die begin: hoe weet jy dat jy besig is om ’n katarak of gloukoom te ontwikkel? Hoe lyk dit wat jy dan sien?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe sien jy as jy ’n katarak het?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

So voel dit, sê Rudine Diedericks, optometris van Mellins in Fourways, Johannesburg.

  • Dit voel asof jy deur ’n vuil ruit kyk. Alles lyk dof. Jy sien minder detail.
  • As jy na ’n plant kyk sien jy die loof as lig- en skadukolle, terwyl jy moeilik die blaarrandjies, stingels en ander detail en selfs die skakerings van groen onderskei.
  • Kleure lyk vir jou verbleik en geler as vir ander mense.
  • Skerp lig maak jou oë seer en jy sien slegs as jy snags moet bestuur.

Hoe sien jy as gloukoom het?

  • “Jy verloor geleidelik jou sig na die kante toe.
  • “As jy vorentoe kyk en jou arms na weerskante uitstrek en jou vingers roer kan jy jou vingers sien sonder om jou kop of oë te draai. Mense sonder gloukoom het ’n 180 grade visie – 90 grade na elke kant.
  • “As jy egter gloukoom het kan jy jou vingers eers sien as jy jou arms vorentoe beweeg. Hoe meer gevorderd jou gloukoom is hoe nader moet jou arms na mekaar beweeg voor jy jou vingers kan sien.”
  • Daar is geen ander tekens nie. Jy kan glad nie hoë oogdruk voel nie.

Hoe gereeld moet jy jou oë laat toets vir gloukoom?

Hier is die basiese skedule vir oogtoetsing vir gloukoom:

Toets jou oë vir gloukoom

  • elke twee jaar as jy 40+ is
  • elke jaar as daar gloukoom in jou familie is
  • elke ses maande as jy gloukoom het

As jy gloukoom het is die heelbelangrikste – en eintlik ál wat jy kan doen – dat jy jou medikasie (meestal oogdruppels) korrek en getrou gebruik om die skade te beperk, sê dr. Jiten Mistry, oftalmoloog van Bryanston, Johannesburg.

“Dit is ál manier om die druk in jou oë laag te hou, sodat jy so min sig as moontlik inboet. Daarsonder raak jy blind.”

Kan ’n katarak-operasie misluk?

Dit gebeur baie selde, sê dr. Jiten Mistry, oftalmoloog van Bryanston, Johannesburg.

Maar wat wél dikwels gebeur is dat jy daarna so sleg soos altyd sien. Die operasie het dus nie gewerk nie – of so voel dit. En dit gebeur verrassend dikwels. Sowat een uit elke vier mense ‘verloor’ hul sig binne weke of selfs jare na die operasie. Dit is so algemeen dat mense daarna verwys as ‘n tweede katarak.

As die operasie nie misluk het nie en jou ou katarak het nie hervat nie, wat het dan gebeur?

“Al voel dit asof jy so swak sien as met ’n katarak is dit nie een nie,” verduidelik Jiten.
“Met ’n katarakoperasie vervang ons letterlik die ooglens: ons haal jou eie lens uit en plaas ’n sintetiese lens in sy plek in. Die ooglens – en die nuwe lens dus, na dit vervang is – lê in ’n ‘sakkie’ of vlieslagie. Dié vliesie kan letsels opdoen tydens die operasie, of selfs jare later dof raak. Dit is dan dat jy swak sig ervaar. Dit het egter niks met die lens te doen nie – en dus ook nie meet jou vermoë om te sien nie.

Kom terug na jou oftalmoloog. Ons kan dit dadelik in die spreekkamer regstel met ’n YAG-laser wat die lagie wegbrand, sodat jy uitstap met sig so goed as wat vir jou moontlik is.”

Lees ook: Gordelroos: Wat jy moet weet

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

17 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

17 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 days Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

2 days Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.