Kasjmiri lamsboud
Ingredients
- 3 klein rooi brandrissies, stingels afgesny (opsioneel - ek laat dit weg as ek vir die kinders kook)
- 2 kaneelstokkies, ruweg gebreek
- 10 ml (2 t) vinkelsaad
- 10 ml (2 t) koljandersaad
- 10 ml (2 t) komynsaad
- 1 ml (¼ t) heel peperkorrels
- 6 kardemompeule
- 60 ml (4 e) olie
- 1 middelslagui, ruweg gekap
- 2 knoffelhuisies, ruweg gekap
- 2,5 ml (½ t) gerasperde vars gemmer
- 5 ml (1 t) garam masala
- 80 ml (¹/³ k) gemaalde amandels
- 250 ml (1 k) ongegeurde jogurt
- ’n bietjie sout
- 1 lamsboud van sowat 2 kg
- ’n hand vol vars koljanderblare en ’n paar vars kerrieblare
- Voorverhit die oond tot 100 °C.
Instructions
- Verhit ’n pan oor matige hitte. Soteer die heel brandrissies vir ’n paar sekondes tot die vel begin verkleur en hou eenkant. Soteer die kaneel, vinkel, koljandersaad, komyn, peperkorrels en kardemom vir sowat 2 min. of tot jy die speserye ruik.
- Maal die brandrissies en geroosterde speserymengsel vir ’n paar sekondes in ’n voedselverwerker.
- Voeg die olie, ui, knoffel, gemmer, garam masala, amandels en jogurt by die speserymengsel en verwerk tot glad.
- Geur die boud liggies met sout en sit in die baksakkie. Sit die boud, sakkie en al, in ’n oondpan, gooi die sous oor die vleis en smeer ook oor die vleis. Knoop die sakkie styf toe en bak vir 12 uur.
- Haal uit, laat effens afkoel en strooi die koljander- en kerrieblare oor. Sny van die vleis af, draai in roti’s toe en sit voor.
Die boud moet vir 12 uur bak, begin daarom al die vorige aand. Jy benodig ’n voedselverwerker om die speserye te maal, sowel as ’n reuse-baksakkie.
Vickie de Beer
Lees Meer
Spesery-lamsboud in ’n baksakkie
08/08/2024
Steak-en-niertjie-pastei
26/03/2024
Kerriesosaties
01/09/2023