kategorieë: WenkeMode

Sorg vir kasjmier

Kasjmier van goeie gehalte vorm met tyd bolletjies/wolletjies, maar jy kan ’n toestel gebruik wat hierdie probleem sal verminder. Jou kledingstuk sal mettertyd versag en ’n luukse voorkoms behou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Was dit so

• Was die item in koue water met Woolite of babasjampoe.
• Laat op ’n plat oppervlak in die skaduwee droogword
• Hierdie metode gee vorm terug aan die kledingstuk terwyl dit steeds klam is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Moet liefs nie jou item vryf nie en ook nie rek of draai om water te verwyder nie. Vermy fabric softener asook ’n tuimeldroeër.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Verwydering van vlekke

• Was onmiddellik wanneer ’n vlek op die item beland.
• Neem jou kledingstuk na ’n droogskoonmaker as jy nie seker is hoe om die vlek te verwyder nie.
• Moenie oor die probleemarea vryf/skuur nie. Dit sal die merk vererger en veroorsaak dat ’n gaatjie vorm.

Berging

• Motte word aangetrek na natuurlike stowwe, veral as dit vuil is of vlekke bevat. Was dus die item goed voor jy dit bêre.
• Vou die item om ’n stuk weefselpapier (tissue paper) om kreukels te voorkom.
• Vou plat en netjies en berg in ’n houer wat lug sal deurlaat.
• Moet onder geen omstandighede die items ophang nie.

Vir meer inligting oor kasjmier en nog handige wenke oor hoe om dit te versorg, besoek gerus www.cashmereconnoisseurs.blogspot.com

Van die inligting hierbo is verskaf deur Black Sheep. Hul ontwerpe word met die hand gemaak van 100% Italiaanse Loro Piana kasjmier. Besoek ook hul webwerf by www.blacksheepcashmere.com of skakel Robyn – 083 601 1656 of Nicky – 082 824 5718.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

8 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

18 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.