kategorieë: ReisOntspanning

Karspeletjies vir die langpad

Ek-sien-met-my-klein-klein-ogie

Dié karspeletjie het oor die jare heen homself in ons vakansiereistogte gevestig. Tog ken vandag se kinders dit nie so goed soos kan kom nie. Herleef jou kinderdae en speel dié speletjie saam met jou kroos.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit werk so:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die spel begin met ’n gesinslid wat ’n objek (enige objek) stilweg identifiseer. Hy/sy sê dan die bekende rympie vóór hy/sy ’n leidraad tot die objek gee. Die res van die gesinslede moet dan een vir een raai wat dié objek is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Alfabet geheue-speletjie

’n Gesinslid begin deur ’n aksie te stel, byvoorbeeld: “Ek gaan na Ouma se huis toe en ek vat…”. Hy/sy voltooi dan die sin met ’n woord wat net ’n ‘a’ begin, soos ‘appel’. Die tweede speler herhaal dan dié sin en voeg dan ’n tweede woord by wat met ’n ‘b’ begin, soos ‘baadjie’. Byvoorbeeld “Ek gaan na Ouma se huis toe en ek vat ’n appel en ’n baadjie…” Indien ’n speler ’n woord vergeet  is hy/sy uit die spel uit. Die laaste speler wat al die woorde tot en met ‘y’ kan onthou en opsê, wen!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kar-tennis

Die doel van dié speletjie is om karre in verskillende kleure, modelle en make te identifiseer. Ma en Pa kan ’n puntsisteem opstel, byvoorbeeld ’n sedan tel 5 punte, ’n 4×4 tel 10 punte en ’n trok tel 20. So ook tel ’n wit kar 2 punte, maar ’n geel kar tel 25 punte. Elke speler kry dan ’n bepaalde tydsberaming waarbinne hy/sy soveel moontlik karre moet soek. Die speler met die meeste punte wen.

20 vrae

Een speler dink aan ’n persoon, objek of plek waarna elk van die ander spelers beurte neem om te raai waaraan dié speler gedink het. Elke speler kan een vraag vra vóór hulle raai, maar ná 20 vrae mag die eerste speler niks meer leidrade gee nie. Die speler wat reg raai wen die spel. As die 20-vraag beperking oorskry is en geen speler het reg geraai nie is die rondte verby.

Vertel ’n groepstorie

Een speler begin met die frase “eendag lank, lank gelede,” waarna hy/sy die storie afskop met ’n interessante sin soos, “eendag lank, lank gelede het pers varke oor ons huis gevlieg”. Elke speler neem dan daarna ’n beurt om ’n sin tot dié storie by te voeg. Wanneer die storie tot ’n einde kom kan elke kind die storie teken.

Bron: Auto Mart

* Lees ook ons artikel oor vakansiewenke vir ouers met jong kinders.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.