GHOEMA 2014
Die Ghoema Musiektoekennings het Sondag 13 April plaasgevind by Carnival City in Johannesburg en Karlien van Jaarsveld het drie toekennings gewen. Die toekennings is ’n verteenwoordiging van die sukses van haar jongste album, “Uitklophou” wat die groot treffer “Hande” opgelewer het (geskryf deur Christoph Kotze en Johan Vorster).
Karlien het ’n Ghoema in die volgende kategorieë gewen:
• Beste Pop Album deur ’n Vroulike Kunstenaar
• Vroulike Kunstenaar van die Jaar
• Beste Verkoper van die Jaar
Robin Kelly, vervaardiger van die album, is ook bekroon as Beste Vervaardiger.