kategorieë: Ons menseBekendes

Karlien van Jaarsveld swanger met vyfde baba

Karlien van Jaarsveld swanger met vyfde baba deur Ilse Salzwedel. Hooffoto: Leana Clunies-Ross

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Karlien van Jaarsveld swanger met vyfde baba

Karlien van Jaarsveld is weer swanger, en in die wolke daaroor!

Sy het die nuus gebreek tydens die opname van vandeesweek se Tee en Taai Toffies-podsending waarin sy en Ilse Salzwedel onder meer gesels oor hoe moederskap haar lewe verander het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Moederskap is my heel gunsteling-ding en die beste ding wat in my hele lewe met my kon gebeur het. Daar is nie vir my iets beter nie. Dis of dit kamers in my hart oopgemaak het wat toegesluit was,” sê Karlien.

Karlien is dertien weke swanger en weet al byna twee maande dat daar ’n nuwe kleinding op pad is.

Sy en haar  man, Joe Breytenbach, is in die wolke oor die nuus al was dit nie ’n beplande swangerskap nie.

Die nuwe baba se verwagte geboortedatum is in April 2020.

“Ek is diep dankbaar dat ek tot dusver geen gesondheidsprobleme ervaar het nie,” vertel ’n stralende Karlien.

Sy het in 2015 ’n miskraam gehad, en met klein Elah (wat Maandag haar tweede verjaardag gevier het) het sy op 9 weke onverwags begin bloei.

Karlien se tweelingseuns Daniël en Eliah is net so opgewonde oor die vooruitsig van ’n nuwe boetie of sussie.

Lees ook: Karlien se brief oor die verlies van haar baba

Luister na Ilse en Karlien se gesprek

Luister hier na ons podsending waarin Karlien openhartig gesels oor haar gesin, die lewe in die kollig en haar geloof.

Lees ook: Karlien van Jaarsveld – stil in stormweer

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

15 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

16 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

17 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

19 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

20 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.