Karlien van Jaarsveld se seuntjie is gebore! deur Ilse Salzwedel
Karlien van Jaarsveld se seuntjie is gebore!
Baie geluk Karlien van Jaarsveld en Joe Breytenbach met die geboorte van Johannes Samuel!
“Dankie Here, hierdie is regtig ’n voorreg vir my.”
Só het die gewilde sangeres Karlien van Jaarsveld vanoggend op Instagram geskryf oor die geboorte van haar seuntjie, Johannes Samuel, op 1 April 2020.
“En dis nie ’n April Fool’s nie,” het sy geskerts.
Karlien het ook geskryf hoe opgewonde sy is dat die kleinding saam met haar huis toe kan gaan.
“Ek dink net mammas wat al prem babas in hospitale moes agterlaat, en leë arms huis toe gaan, sal kan verstaan watse joy en massiewe voorreg hierdie is (sic).”
Karlien het die nuus oor haar vyfde swangerskap – sy het ’n miskraam op 19 weke gehad met ’n dogtertjie, Evah – heel eerste met rooi rose gedeel in ’n podsending-gesprek met Ilse Salzwedel waarin sy ook haar hart oopgemaak het oor moederskap.
Luister gerus hier – dis gratis.