Karlien van Jaarsveld en haar man Joe Breytenbach se dogtertjie is op Saterdag, 7 Oktober 2017 gebore. Die kleinding is twee maande te vroeg gebore, maar Karlien het op Twitter genoem dat haar babatjie gesond is.
Elah is hier. 2 Maande te vroeg. Sy is baie klein, maar baie gesond. Ons harte is dankbaar teenoor God vir Sy groot genade.
— KarlienvanJaarsveld (@KarlienVanJ) October 9, 2017
Sy en manlief Joe het verder albei op Instagram die eerste foto van hul dogtertjie, Elah, gedeel.
Lees ook ons artikels oor haar swangerskap-aankondiging, haar ooievaarstee vir Elah, en ons onderhoud met haar hier.