Jy is vanjaar by die NickFest betrokke. Hoe het dit gebeur?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Ek is regtig bevoorreg dat hulle my gevra het! Ek is deur hulle gekontak en gevra om betrokke te wees. Ek is só opgewonde om deel van die Fest te wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
NickFest is dié slymfees van die jaar – duisende opgewonde kindertjies, bakke en bakke vol slym en boonop ’n lekker line-up van bekendes. Gaan jou seuns ook daar wees?
Ek is vreeslik opgewonde! My kinders is MAL oor Nickelodeon en ek kyk selfs saam. Ek is soms meer opgewonde oor Paw Patrol as hulle. Ek wil hulle graag saam neem om al die karakters te ontmoet.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Gril jy nie vir al daai slym nie?
Dit lyk vir my nog altyd na vet pret – so, as dit gebeur dat ek gaan deurloop, hoop ons net dat dit wel maklik af kom.
Ons hou baie van jou en boet Bobby se werklikheidsreeks Karlien en Bobby. Het die program jou uitkyk op die lewe verander?
Niks kan mens ooit vanselfsprekend aanvaar nie. Alles in die lewe is ’n voorreg en ’n blessing.
Van al die episodes wat tot dusver uitgesaai is, wat het jy vir jou uitgestaan?
Sjoe! Elke episode het maar sy oomblikke gehad. Vir my was Vernon se episode beslis een wat my lewe verander het, maar so ook elke ander een. Dit verander jou uitkyk en sieninge oor omstandighede en die wêreld.
Jy en Bobby is baie na aan mekaar. Hoe werk julle saam?
Ons was nog altyd, van kleintyd af, daar vir mekaar en maar altyd mekaar se konfidante. Deur dik en dun is familie waarop mens staat maak.
Waaraan werk jy tans?
Ek is tans besig om reg te maak vir ’n hele paar toere en optredes. Ek is ook vreeslik opgewonde oor my nuwe album wat amper uitkom!
Kry jou kaartjies vir NickFest 2017 hier
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.