kategorieë: Ons menseBekendes

Karlien gaan saam met dogter terug in tyd in nuwe enkelsnit & musiekvideo


Karlien van Jaarsveld het pas haar nuwe enkelsnit, Katrientjie Katryn, uitgereik, waarin sy ’n diepgaande “pelgrimstog” onderneem. Hierdie roerende liedjie, deur Karlien self geskryf, bied ’n insiggewende blik op haar innerlike reis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }


“Ek het myself toegelaat om ’n jaar terug op ’n pelgrimstog te gaan waar ek deur die tydlyn van my lewe geloop het. Baie van ons het trauma in ons kinderlewens gehad en baie keer kies ons om dit nie te onthou nie,” sê Karlien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }


“Die brein het ’n manier om dit toe te maak, amper asof dit nooit gebeur het nie. Die probleem is dat dit baie keer ’n selfvernietigende resultaat in jou volwasse lewe oplewer. In daai kleintyd-oomblikke van seerkry voel mens partykeer jy het jouself ook op daai plek in tyd agtergelaat. Kinders kyk op na volwassenes en glo in hul manier van kyk of op ‘n situasie reageer. Dit word dan soos ’n kamer wat se deur toegetrek word en nooit weer oopgemaak word nie, maar die kamer is altyd daar.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
(Foto: Hendri Viljoen – Skoll Photography)


Volgens Karlien het sy gekies om terug in haar tydlyn te gaan om al die donker, toegemaakte kamers te besoek en by haar kleiner self te gaan sit om saam met haar die oomblikke te herleef. Sy het ook vir die Here vir ’n nuwe perspektief daaroor gevra.

“Waar was Hy in dit? As jy saam Hom wat die Kunstenaar is, die gebeurtenis kan herleef, gee Hy Sy perspektief daarop en verander die swaartekrag van daai oomblik in iets wat ligter word,” vertel sy.


Sy verduidelik verder: “As die kamer se deur oopgaan, kom die lig in. As ek ’n nuwe waarheid van die oomblik kan vasmaak, tel ek haar daar op en maak haar weer deel van wie ek vandag is. Ek dink baie mense loop met ’n helfte of ’n kwart van hulself rond en voel baie keer leeg en alleen sonder dat hulle verstaan hoekom. Dit kom voor op maniere soos depressie, verslawings, selfmoord, narsisme of jy loop net weer in die sirkelgang van wat jy ken en doen dit weer aan ander.”

Karlien se naam beteken ‘free spirit’.

“Ek het altyd hierdie diep behoefte om so vry en lig as moontlik oor die aarde te kan beweeg in ’n heelheid soos wat die Kunstenaar my geskep het in ’n tyd voor tyd.”


Die musiekvideo is deur Gerduan Kemp verfilm en beeld die liedjie in sy geheel uit. In die musiekvideo vertolk Elah, Karlien se dogtertjie, Karlien as kind uit.


“Elah vertolk die rol van die jonger ek waar ek haar onthou op plekke in ou spasies en haar dan vandag daar optel om deel van my te word. Ek dink dis spesiaal want ons het dit gaan skiet by my ma se huis,” vertel sy.


Alhoewel ma-wees Karlien se top prioriteit is, is sy wel besig om ’n boek te skryf. Verder sien sy die hoogtepunt van haar loopbaan as hoe haar verstand en verstaan van dinge kan vernuwe sodat sy nuwe musiek kan skryf.


Katrientjie Katryn is nou beskikbaar op alle stroomdienste soos Apple Music, Spotify en
Deezer.

Lees ook: Voorblad-gereed: Hoe Donnalee Roberts op haar beste lyk en voel

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

1 day Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

1 day Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

1 day Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.