Karen Zoid sing saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes by die Woordfees op 8 Maart 2020
Karen Zoid sing saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes by die Woordfees op 8 Maart 2020 inligting en foto’s verskaf.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Karen Zoid gaan die verhoog aan die brand sing met ’n baie spesiale vertoning saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes (CPO).
Hierdie spesiale konsert vind Sondag, 8 Maart 2020 by die Van Der Stel Sportgronde in Stellenbosch plaas as deel van die jaarlikse Woordfees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Lees ook: Loer agter die skerms by ons voorbladfotosessie met Karen Zoid
Onthou jy die meisie met die Voortrekkerkappie wat “Afrikaners is plesierig” gesing het en nie werklik omgegee het wat mense van haar dink nie?
Dit is nou al 20 jaar later en sy het die harte van Suid-Afrikaners gesteel met harde rock-liedjies, sagte ballades en haar immergewilde geselsprogram op kykNET, Republiek van Zoid Afrika.
Met meer as 13 albums agter haar naam, is Zoid een van Suid-Afrika se bekendste sangers. 20 van Karen se grootste treffers sal verwerk word vir die 50 stuk simfonie-orkes.
Karen Zoid sing saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes by die Woordfees op 8 Maart 2020
“Ek kan nie wag om saam met die Filarmoniese Orkes op te tree nie – cliché, maar dis regtig ‘n ongelooflike eer. Die verwerkings is iets besonders en elke keer tydens ‘n repitisie kry ek hoendervleis,” vertel Zoid.
Die vertoning sluit van haar nuwe liedjies soos As musiek begin speel, Vir jou, You can show it in, asook goue oues soos Afrikaners is Plesierig, Toe vind ek jou, Engel, Small Room en Want as ek droom.
Die musiekverwerkings is gedoen deur Matthijs van Dyk, Peter McLea, en James Bassingthwaighte. Regisseur: Carien Loubser.
Kaartjies is beskikbaar by Computicket.
Karen Zoid sing saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes by die Woordfees op 8 Maart 2020
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.