Karen Zoid het op Vrydag, 11 Augustus 2017 haar jongste album, Op Die Oomblik – Deel Een, op iTunes uitgereik. Sy het ook op 25 Augustus iets interessants uitgereik – dié album as visuele album. Dit sal vanaf 1 September 2017 ook in winkels beskikbaar wees. Karen is die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat so iets vervaardig. Ons het met haar gesels oor die nuwe album, wat die visuele album behels, en hoekom sy gereeld saam met haar vriende musiekmaak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
OP DIE OOMBLIK is die eerste deel van drie verskillende hoofstukke in my nuwe liedjieboek. Ek is tans baie geïnteresseerd daarin om oomblikke te probeer vasvang. Die lewe is so vinnig en ’n mens kan nie altyd byhou om alles te verwerk nie. Ek wil die oomblik vasvang al weet ek dit is onmoontlik. Ek wil dit beskryf en verken en ten volle ervaar. Dis nie net ons musiekwêreld wat in ’n ‘fast- track -enkelsnit-era’ is nie: die hele wêreld is eintlik ook. Iemand sê iets in Amerika en dit affekteer die hele Midde-Ooste. Oombliklik.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die album bevat tematiese video’s vir elke liedjie en hierdie video-album kan dan van iTunes afgelaai word. Ek was verstom toe ek die eerste keer ’n visuele album van ’n internasionale kunstenaar op iTunes gesien het. ’n Mens het skielik toegang tot ’n hele ander wêreld op jou slimfoon waarin die songs hulle stories nou ook op ’n virtuele manier kan vertel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Visuele albums dateer so ver terug as The Beatles in die sestigerjare met A Hard Day’s Night. Dit het vanaf 2016 ’n meer gewilde manier geword om albums op te neem, danksy die feit dat aanhangers dit nou vinnig kan bekom deur middel van hul slimfone. Internasionale kunstenaars wat onlangs visuele albums uitgereik het sluit Beyoncé, Drake en Brad Paisley in.
Ek het dadelik hiervan gehou en wou graag vir my aanhangers iets anders bied. Ons het baie tyd daaraan spandeer om hierdie visuele vertelling te verfilm. Ek het nog nooit so iets aangepak nie; dit was vir my en die Brainwave Produksie-span ’n groot avontuur.
Dit is my eerste Afrikaanse solo-album in ses jaar. Dit was vir my lekker om weer iets op my eie te doen.
Liefde is ’n klaskamer. Party dae is jy die onderwyser en ander dae die student.
Natuurlik!
My speech vir die Afrikaner in Suid-Afrika. Haha!
Dis die verhaal van daai vrou wat ons almal ken …
Om saam met vriende te kan speel en skryf is een van die grootste plesiere in my lewe. Dis ’n baie persoonlike en intieme ervaring en het nog altyd gelei tot verdieping in my verhouding met die betrokke persoon. ’n Mens maak jouself baie kwesbaar as jy sing so dis lekker as mens twee of meer is [lag].
Daar is die heeltyd nog iemand.
Karen was ons voorbladgesig in April 2017. Loer hier agter die skerms.
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.