“My eerste pak slae was omdat ek ’n mikrofoon gebreek het. Dit was in ’n poging om Elvis na te boots.” Karen Zoid
Kyk hier! Agter die skerms tydens Karen se voorbladfotosessie:
Het jy geweet?
Daar is reeds 52 episodes opgeneem van Republiek van Zoid Afrika, Karen se bekroonde geselsprogram op kykNET. Die nuwe reeks word waarskynlik in die tweede helfte van vanjaar uitgesaai.
Dit was vir haar uit die staanspoor belangrik om nie net aanbieder te wees nie, maar ook kreatiewe beheer te hê. “Ek was aanvanklik baie huiwerig toe regisseur Carien Loubser voorstel dat ek aan die einde van elke program saam met van Suid-Afrika se topkunstenaars sing. ’n Mens wil darem nou nie narcisties begin lyk nie … Maar dit het gelukkig gewerk.
“Die onderhoude met die uiteenlopende bekendes is ’n meesterklas in die lewe. Ons lag én huil emmersvol trane. Ek het die grootste bewondering vir iemand soos Thuli Madonsela wat letsels dra omdat hulle standpunt inneem vir wat hulle glo reg is.”
Lees ons volledige onderhoud met Karen in die April 2017-uitgawe van rooi rose, ons spesiale 75ste verjaardaguitgawe!
Kyk ook hier na foto’s tydens ons fotosessie: