Foto: Lee Schwagele
Resep deur Vickie de Beer. Foto: Lee Schwagele van crphotographic.co.za
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Genoeg vir 24 koekies
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }• 180 g botter
• 200 g strooisuiker
• 10 ml (2 t) vanieljegeursel
• 1 eier
• 240 g koekmeel
• 2,5 ml (½ t) bakpoeier
• 2,5 ml (½ t) sout
1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
2 Room die botter en suiker in ’n groot mengbak tot lig en donsig.
3 Voeg die vanieljegeursel en eier by en klits tot goed gemeng.
4 Voeg die koekmeel, bakpoeier en sout by en meng goed.
• Om ronde koekies te maak
Rol die deeg in balletjies (sowat 25 g elk) en sit op die voorbereide bakplaat. Druk hulle met ’n vurk of jou duim effens platter.
• Om vorms uit die deeg te druk
Rol die deeg so dun moontlik op ’n skoon werksvlak uit wat liggies met meel bestuif is. Bak vir 10-12 min. of tot goudkleurig en gaar.
Ons het hierdie idee op een van ons gunsteling-kosblogs, TheKateTin, raakgeloop. Jy maak jou eie karamelkondensmelk deur kondensmelk in die oond te bak – dis baie veiliger as ons ou drukkokermetode!
• 2 x 360 g-blikkies kondensmelk
1 Voorverhit die oond tot 200 °C.
2 Gooi die kondensmelk in ’n dieperige oondpan en maak die pan met foelie toe. Sit die oondpan in ’n groter oondpan en maak die onderste oondpan vol water.
3 Bak vir 4 uur of tot goudkleurig. Hou maar fyn dop, want almal sal lepelsvol steel!
4 Smeer die karamel op die basiese soetkoekies en plak opmekaar.
1 Maak die basiese soetkoekieresep maar voeg 60 g gemoute melkpoeier (Horlicks) by die basiese deeg.
2 Kap 100 g Whispers-sjokoladeballetjies ruweg en meng die helfte in die deeg in.
3 Rol die koekies uit soos bo beskryf en pak op die voorbereide bakplaat uit.
4 Strooi die res op die koekies saam met 75 g karamelspringmielies. Bak soos beskryf.
In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Hierdie webwerf gebruik koekies.