kategorieë: GebakKos

Karamelrolkoek

Karamelrolkoek

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

#rrWenk: Dié heerlike groot rolkoek kan in die somer vars aarbeie in die vulsel kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bestanddele

  • 8 eierwitte
  • knypie sout
  • 100 g (125 ml) strooisuiker
  • 10 ml (2 t) mielieblom
  • 10 ml (2 t) balsemiekasyn
  • 10 ml (2 t) vanieljegeursel
  • 100 g (1 pakkie) gevlokte amandels, liggies gerooster

Vulsel

  • 125 g gladde maaskaas
  • 125 ml (½ k) room
  • 52 g (60 ml) strooisuiker
  • 1 blik Treat Caramel, liggies geklits
  • 2 mango’s in dun skyfies gesny

Metode

Voorverhit die oond tot 150 ºC.

  1. Smeer ’n rolkoekpan of bakplaat van ±30 x 40 cm deeglik met gesmelte botter; voer met waspapier uit en smeer weer met gesmelte botter. Strooi ’n bietjie meel oor en skud die oortollige meel af.
  2. Klits die eierwitte en sout met ’n elektriese klitser in ’n glas- of vlekvryestaalbak tot sagte punte vorm. Voeg die strooisuiker bietjie vir bietjie by en klits tot die eierwitte styf en blink is.
  3. Vou die mielieblom, asyn en vanielje met ’n metaallepel by die eierwitte in. Smeer die koekmensel eweredig op die voorbereide bakplaat, strooi die amandels oor en bak vir 30 min. tot goudbruin.
  4. Klits intussen die maaskaas, room en strooisuiker in ’n middelslagmengbak tot styf.
  5. Haal die rolkoek uit die oond en laat afkoel. Keer die koek op ’n skoon kombuisdoek uit. Smeer die hele rolkoek met die karamel, gevolg deur die maaskaas-en-room-mengsel en pak laastens die gesnyde vrugte bo-op. Rol die koek versigtig op en sif ’n bietjie versiersuiker oor.
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.