Genoeg vir 6
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }• 125 g botter
• 125 g heuning
• 125 g suiker
• 30 ml (2 e) room
• 6 klein peertjies
• 50 g gevlokte amandels, liggies gerooster en in ’n diepbakkie gegooi
1 Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
2 Smelt die botter in ’n klein kastrol oor matige hitte. Voeg die heuning en suiker by. Roer totdat die suiker opgelos is.
3 Verhoog die hitte en kook vir 5 min. of tot sagtebalstadium (toets deur ’n lepeltjie van die stroop op ’n piering met water te laat drup, indien dit ’n bolletjie vorm, is dit gereed). Voeg die room by (dit sal vinnig opkook en borrel). Roer deur.
4 Doop elke peer in die karamel en laat die ekstra karamel afdrup.
5 Druk dadelik die peer se boudjies in die amandels en sit versigtig op die voorbereide bakplaat neer. Wag totdat die karamel geset is.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.