Voorverhit die oond tot 180 °C en sit 4 x 300 ml- of 6 x 180 ml-bakkies op ’n bakplaat. 1 Verhit die botter, melk, suiker en dadels in ’n kastrol tot die botter gesmelt het. Voeg die bruismeel by en meng goed. 2 Skep 15 ml karamel in elke bakkie en verdeel die dadeldeeg tussen die bakkies. 3 Gooi oor die agterkant van ’n lepel ewe veel kookwater oor elke poeding. Bak vir 25-30 min.