Knoffel
Sprinkel olyfolie oor heel knoffelhuisies, geur met sout en tiemie en rooster in die oond tot sag. Druk fyn en meng met die kapokaartappels.
Lees ook: Geroosterde knoffelkaaskoek
Parmesaan
Roer ’n koppie gerasperde parmesaan deur die kapokaartappels. Sit voor met parmesaankrulle.
Lees ook: Parmesaanvla in eierdoppe
Olywe
Roer ’n ½ k fyn gekapte olywe of 2 eetlepels olyftapenade deur die kapokaartappels.
Lees ook: Sewe redes waarom olywe gesond is
Pesto
Voeg jou gunsteling-kruiepesto by kapokaartappels.
Lees ook: Resep vir kruiepesto
Spek en uie
Strooi bros gebraaide spek en gekaramelliseerdeuie oor sagte kapokaartappels.