kategorieë: Ons menseBekendes

Kapingsvoorval inspireer Demi-Leigh Tebow se Unbreakable-werkswinkels

Deur Savanna Douglas

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In gesprek met die podcaster Karena Dawn het Demi-Leigh – ’n entrepreneur, filantroop en motiveringspreker – oopgemaak oor ’n traumatiese kapingsvoorval wat sy in 2017 (die jaar toe sy as Mej Suid-Afrika gekroon is) beleef het terwyl sy nog in Suid-Afrika gewoon het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die voorval het gedurende spitstyd-verkeer, helder oordag op ‘n Woensdagmiddag plaasgevind. Demi onthou:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek was op pad na ‘n Mej Suid-Afrika-geleentheid een Woensdagmiddag, helder oordag, in spitsuurverkeer, om 17:30. Ek was destyds Mej. Suid-Afrika, ek het pas ‘n paar maande gelede gewen.

Ek het by ’n rooi verkeerslig gestop om by ’n parkeerterrein in te draai en gewag vir die lig om groen te word.”

Dis toe dat Demi se fokus na ‘n groep mans wat haar voertuig begin nader het, verskuif het.

“Die volgende oomblik sien ek hoe hierdie mans my nader, en ek kry ‘n slegte gevoel. Ek het net heeltyd gehoop en gebid dat alles okay sal wees … maar diep binne-in het my instink vir my gesê iets is nie reg is nie en dit gaan nie goed uitdraai nie.”

Demi-Leigh onthou verder hoe een van die mans aan haar linkerkant ‘n geweer op haar kop gerig het. Aan haar regterkant het ‘n man aanhoudend aan haar venster geklop.

Tebow onthou dat sy twee opsies gehad het – sy kan hardloop, of sy kan veg. Sy het eersgenoemde gekies.

“Ek het dadelik besluit om oor te gee en uit die voertuig te klim om weg te kom. Die oomblik wat ek probeer weghardloop het, het die man aan my regterkant my deursoek vir my persoonlike besittings en probeer gryp om my terug in die voertuig te druk.”

“Ek het besluit ek gaan nie dit toelaat nie. Ek kan dalk geskiet word, maar ek moet probeer om my pad hieruit te vind.”

Demi-Leigh het ‘n selfverdedigingstegniek onthou wat sy by ‘n werkswinkel geleer het.

“[Die] werkswinkel wat ek bygewoon het, het ons een stap geleer: dit was hoe om iemand in hul keel te slaan. Ek het gedink, as daar ooit ‘n tyd is wat ek daardie vaardigheid gaan gebruik, gaan dit nou wees. Ek het hom so hard as wat ek kon in die keel geslaan. Ek het hom geensins seergemaak nie, maar ek het hom genoeg laat skrik om ’n klein venstertjie van geleentheid te skep om weg te hardloop, en dit is presies wat ek gedoen het.”

Bang vir haar lewe, het Demi-Leigh aan die vensters van die omliggende motors begin klop wat in spitsverkeer vasgesit het en gepleit om gehelp te word. Sy is egter by elke klop vir hulp geweier, weggewys of geïgnoreer.

Tebow sê: “Ek het helder oordag om 17:30 in die middag in daardie straat gehardloop, venster na venster na venster geklop, en niemand het gestop om my te help nie. Sommige vensters was oop, hulle kon my hoor … ek sal nooit hierdie een vrou se gesig vergeet nie. Sy het haar venster oop gehad en ek het gesê ‘Haai! My motor is gekaap, kan jy my asseblief help, die ouens is letterlik daar, sal jy my asseblief help?” Sy het my net weggestoot en haar venster opgerol.”

Gelukkig het Tebow dit uiteindelik veilig uit die voorval gemaak, maar nie sonder ‘n aansienlike mate van trauma om deur te werk nie.

Nadat sy na berading gegaan het vir wat met haar gebeur het, sê Demi-Leigh dat sy besluit het dat sy nooit die een sal wees om ‘n blinde oog te draai vir iemand wat hulp nodig het nie.

“Dit is een ding om nie weet nie, dit is ‘n ander ding om te weet en te besluit om weg te kyk.”

Hierdie voorval, volgens ‘n artikel wat deur SA People gepubliseer is, is wat die voormalige Mej Suid-Afrika en Mej Heelal deels geïnspireer het om haar selfvertroue-versterkende werkswinkels genaamd Unbreakable te begin aanbied, wat geestelike en fisieke wenke insluit om vroue in allerhande situasies te bemagtig.

Tebow, wat nou saam met haar sportster-man in Florida woon, sê al sukkel die VSA nie noodwendig met dieselfde misdade as wat ons in Suid-Afrika doen nie, wil sy steeds haar gemeenskap van vroue bemagtig om te leer hoe om op te staan.

“Toe ek in SA grootgeword het, was dit nog altyd iets wat so ‘n goeie idee is – om vir myself om te sien, om my eie rug te hê, om bewus te wees van my omgewing.”

Tebow het begin om haar lewendige selfvertroue-versterkende werkswinkels in die VSA genaamd Unbreakable aan te bied, wat sprekers, paneelbesprekings en selfverdedigingsdemonstrasies insluit om ander vroue in alle soorte situasies te help bemagtig.

Lees meer oor Unbreakable hier.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Leandie du Randt oor Hartklop

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

30 mins Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

18 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

19 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

22 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

23 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.