KANSA-tee 2018: Stellenbosch. Foto’s: Verskaf
Kom kuier vanjaar weer lekker saam met vriende, familie en kollegas by die jaarlikse KANSA-tee, help terselfdertyd om geld vir ’n goeie doel in te samel. Danksy talentvolle gasvroue wat nooit teleurstel nie, uitstekende vermaak en staatmaker-borge, gaan hierdie glansryke geleentheid elke jaar van krag tot krag.
Die besonderse projek, wat rooi rose meer as dertig jaar gelede in Pretoria begin het, lê ons na aan die hart, want saam met ons lesers en borge samel ons geld in vir noodsaaklike kankernavorsing en bevorder ook bewusmaking oor kanker.
Die sjarmante Pieter Koen is ons seremoniemeester vir die oggend. Martelize Brink van RSG is die gasspreker en Brendan Peyper gaan ons met sy musiek vermaak. Dit kan mos nou net lekker wees!
Jy kan wen! Hou kontant byderhand vir die lootjies wat jy op die dag kan koop. Ons het wonderlike pryse om weg te gee.
Waar en wanneer
Datum: 20 Oktober 2018
Tyd: 09h00 vir 09h30
Plek: Stellenbosch-stadsaal
Koste: R220 per persoon wat deur ’n gasvrou uitgenooi word, of ’n tafel vir ander gaste dek.
Tema: Rooi InSPARasie
Vir besprekings en inligting oor die verantwoordelikhede van ’n gasvrou, kontak Henley Botha by [email protected] of bel 082 573 6941