kategorieë: Kalender

KANSA-tee Vrystaat

Die Kansa-geselligheid wat rooi rose in samewerking met verskeie borge aanbied, het nie net ’n groter bewustheid van kanker geskep en broodnodige geld vir die vereniging ingesamel nie, maar ook in statuur en styl gegroei. Elke jaar kom sit al meer Kansa-ondersteuners aan die teetafels. Danksy die gasvroue wat elkeen volgens ’n gegewe tema ’n teetafel vir tien dek (kompleet met teestelle, blomme, versierings en eetgoed) en dan kaartjies aan hul gaste verkoop, is dit ’n swierige en vrolike affêre.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Yolanda Maartens Brown, bekende vermaakpersoonlikheid, is ons gasspreker. Sy het onlangs haar radiowerk laat vaar en wil nou die drome waar maak van kinders wat ’n pad met kanker en ander lewensbedreigende siektes stap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kom luister gerus hoe sy vertel dat jy jou soms sien in plekke waar jy dit nie verwag het nie, en deur ander se oë lyk dinge vir jou dalk ook anders – jy sien jouself dalk vir die eerste keer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Success Lekabe van OFM is weer ons seremoniemeester vir die oggend. Haar spontane geaardheid en aanbieding maak haar veral gewild onder luisteraars. Sy sê sy is ’n sportfanatikus wat ook daarvan hou om stories te vertel en lewens te verander.

Leah gaan vir die vermaak sorg. Haar klank het nie ’n spesifieke teikenmark nie, maar sy is gewild onder oud en jonk. Die jonger geslag hou van die nuutheid van haar musiekstyl en ouer mense sal hou van di nostalgie wat haar lirieke optower.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Pret en pryse!

Bring ’n ekstra geldjie vir die lootjies wat jy daar moet koop om vir die verskeie geskenke in aanmerking te kom.

Waar en wanneer

DATUM
Saterdag 3 September 2016
TYD
09:00 vir 09:30
PLEK
Kopano Nokeng, Bloemfontein
KOSTE
R200 per persoon wat deur ’n gasvrou uitgenooi word, of ’n tafel vir ander gaste dek
TEMA
Herwin

Vir besprekings en inligting oor die verantwoordelikhede van ’n gasvrou, kontak Adel Wiid by awiid@cansa.org.za of bel 051 444 2580.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Die Brug’ is terug! Wat wag in die tweede seisoen?

Die brug is amper hier!   Die tweede seisoen van Die brug begin vlak onder die wolke…

17 hours Gelede

Middeljare: Krisis of keerpunt?

Deur Maretha Botes     In my internetsoektog na die woord “middeljarekrisis” word ek met…

19 hours Gelede

Koopgids: Ietsie spesiaals vir Ma

Shower to Shower Fresh Glow Shower Crème Die nuwe Shower to Shower Fresh Glow Shower…

23 hours Gelede

Bruintjies in ’n eiertjie

Genoeg vir 12 eiertjies of 6 bruintjies as jy dit in ’n muffinpannetjie bak

2 days Gelede

Ontmoet die akteurs van ‘Niggies’ se 1980’s-era

Episode 4 van Niggies begin in 1966 en wys, onder meer, hoe André (Janru Steenkamp)…

2 days Gelede

La Maison Pommery keer terug na Suid-Afrika

Woorde: Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf     Die handelsmerk was vir etlike…

2 days Gelede