kategorieë: Kalender

KANSA-tee Pretoria

Danksy die betrokkenheid van ons lesers het rooi rose met ons bekende KANSA-projek deur die jare ’n groter bewustheid van kanker geskep en broodnodige geld ingesamel. Ons lesersdag ten bate van KANSA het intussen ook ’n spesiale oggend op die kalender geword en in wellewendheid en styl gegroei. Danksy die gasvroue wat elkeen volgens ’n gegewe tema ’n tafel vir tien dek en kaartjies aan hul gaste verkoop, is dit nog altyd ’n dag van vriendskap, mooi musiek en ’n gekuier om die pragtig versierde teetafels, om van die talle pryse nie eens te praat nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons kuier weer saam in die Saint George-hotel in Pretoria. Rozanne McKenzie is die seremoniemeester en vanjaar is ons sprekers Madelein Rust, skrywer van die sielkundige riller Mosterdsaad en ook ’n kankerpasiënt, asook die akteur Jacques Bessenger. Die groep mooi manne van Adam en ’n serenadegroep gaan vir ons sing. Arno Marais van Die Boekklub gaan ook met ons gesels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die winkelgroep SPAR wat al jare lank by die KANSA-dag betrokke is, was vanjaar weer so vrygewig om drie geskenkbewyse aan die drie wenners van SPAR se Tafel van die Dag te skenk: Die eerste prys is R6 000, die tweede R3 000 en die derde R1 000.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Pret en pryse!

Daar is volop geskenke en Pryse wat gewen moet word. Ook ’n vakansie in Mauritius. Bring ’n ekstra geldjie vir die Kaartjies wat jy daar kan koop om van die verskeie lieflike pryse te kan wen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waar en wanneer

DATUM
12 Oktober 2016
TYD
09:00 vir 09:30
PLEK
Die Saint George-hotel, Pretoria
KOSTE
R200 per persoon wat deur ’n gasvrou uitgenooi word, of ’n tafel vir ander gaste dek
TEMA
Herwin
Vir besprekings en inligting oor hoe om ’n gasvrou vir die oggend te wees, bel Marie Claassen by 012 329 3036 of mclaassen@cansa.org.za

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Oscars-trend: Skitterende neutrale

Foto's: Getty Images     Die Oscar-toekennings is die grootste aand op die Hollywood-kalender, en…

21 hours Gelede

Neem jou fiksheid na die volgende vlak: 10 maniere om jou meer gemotiveerd te maak

Hier is 10 maniere om jou meer gemotiveerd te maak om te oefen:    Oefen…

4 days Gelede

Viva Italia!-potjie

Genoeg vir 6     Bestanddele   60 ml (¼ k) olyf- of avokado-olie sout…

4 days Gelede

Drama-waarskuwing vir ‘Suidooster’ dié herfs

Dis herfstyd in die Kaap en met hierdie seisoensverandering waai die winde van verandering baie…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae met Laura-Lee Mostert oor haar droomrol in ‘Binnelanders’

Jy herken waarskynlik Laura-Lee Mostert vir haar komiese talent as die flambojante drama-onderwyseres, Driena, in…

4 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Potjie-roer-my-nie se wenners gesels oor vaalkos en ’n molpot

In die vierde episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se koswerklikheidsreeks waar vlamme en…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.