kategorieë: Kalender

KANSA-tee Kaap

Stellenbosch se KANSA-tee is soos gewoonlik ’n vrolike en swierige affêre waar ons lekker saamkuier. Vir die derde jaar dek die gasvroue volgens ’n gegewe tema ’n tafel vir tien mense (kompleet met teestelle, blomme, versierings en eetgoed) en verkoop dan die kaartjies aan hul gaste. So samel almal geld vir Kansa in én kuier lekker saam.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jana du Plessis, motiveringspreker en kankeroorwinnaar, is ons gasspreker. Die bekende sanger Willem Botha en die vroue van Jaloersbokkies gaan vir hope vermaak sorg. Willem het onder meer hoofrolle in die tweede en derde seisoen van Sterlopersvertolk, en is ook ’n talentvolle fotograaf. Die Jaloersbokkies is eg Kaaps soos breyani en koesisters, soos ghoema en winterreën Met liedjies wat nostalgies val op die oor, bekoor Jawaahier Petersen en Nedine Blom hul gehore met treffers soos “Grietjie van Gharies”, “Sarah de Jager” en ander piekniekliedjies en moppies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Pret en pryse!

Bring ’n ekstra geldjie vir die lootjies wat jy daar kan koop om van die verskeie lieflike pryse te kan wen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waar en wanneer

DATUM
Saterdag 17 September 2016
TYD
09:00 vir 09:30
PLEK
Stellenbosch-stadsaal
KOSTE
R200 per persoon wat deur ’n gasvrou uitgenooi word, of ’n tafel vir ander gaste dek
TEMA
Herwin

Vir besprekings en inligting oor die verantwoordelikhede van ’n gasvrou, bel KANSA BESPREKINGS, Minette van Zyl, tel: +27 44 874 4824, sel 082 443 3601, e-pos mvzyl@cansa.org.za

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Oscars-trend: Skitterende neutrale

Foto's: Getty Images     Die Oscar-toekennings is die grootste aand op die Hollywood-kalender, en…

21 hours Gelede

Neem jou fiksheid na die volgende vlak: 10 maniere om jou meer gemotiveerd te maak

Hier is 10 maniere om jou meer gemotiveerd te maak om te oefen:    Oefen…

4 days Gelede

Viva Italia!-potjie

Genoeg vir 6     Bestanddele   60 ml (¼ k) olyf- of avokado-olie sout…

4 days Gelede

Drama-waarskuwing vir ‘Suidooster’ dié herfs

Dis herfstyd in die Kaap en met hierdie seisoensverandering waai die winde van verandering baie…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae met Laura-Lee Mostert oor haar droomrol in ‘Binnelanders’

Jy herken waarskynlik Laura-Lee Mostert vir haar komiese talent as die flambojante drama-onderwyseres, Driena, in…

4 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Potjie-roer-my-nie se wenners gesels oor vaalkos en ’n molpot

In die vierde episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se koswerklikheidsreeks waar vlamme en…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.