KANSA-tee Kaap / Stellenbosch 2019 Hooffoto: rooi rose-argief
KANSA-tee Kaap / Stellenbosch 2019
Die jaarlikse KANSA-geldinsamelingsprojek wat rooi rose saam met verskeie merkwaardige borge aanbied, vier vanjaar sy 38ste bestaansjaar. Reeds meer as drie dekades lank bied rooi rose ’n jaarlikse geleentheid vir KANSA-ondersteuners en kankeroorwinnaars om hul solidariteit in die stryd teen kanker te toon. Die besonderse projek lê rooi rose na aan die hart.
Danksy talentvolle gasvroue wat nooit teleurstel nie, uitstekende vermaak en borge, gaan hierdie glansryke geleentheid van krag tot krag.
Die oggendtee word weer in Stellenbosch aangebied en bevorder kankerbewusmaking en samel geld vir kankernavorsing in.
Kom kuier lekker saam met vriende, familie en kollegas!
Vanjaar gaan ’n klompie topklas-kunstenaars die drade bymekaar hou en vir vermaak sorg.
Lees ook: Blom in volkleur – hoe om blompatrone te dra
Die sprankelende radio-omroeper en TV-aanbieder Tracey Lange is die gasvrou, en die “stout seun” van Afrikaanse pop-musiek, Jay, gaan van sy treffers sing.
Lees ook: Tracey Lange verklap haar skoonheidsgeheime
Die geliefde aktrise Shaleen Surtie-Richards en TV-aanbieder Hannes van Wyk gaan ’n inspirerende gesprek voer.
Jy kan wen!
Bring ’n rand of twee saam vir die lootjies wat jy op die dag kan koop. Daar is hope lekker pryse op die spel!
Waar en wanneer
Datum: Saterdag 12 Oktober 2019
Tyd: 09:00 vir 09:30
Plek: Stellenbosch-stadsaal
Donasie: R220 per persoon wat deur ’n gasvrou uitgenooi word, of ’n tafel vir ander gaste dek
Tema: Blom in volkleur
Vir besprekings en inligting oor die verantwoordelikhede van ‘n gasvrou, kontak Henley Botha by [email protected] of 082 573 6941.
Loer hier om meer uit te vind oor ons Bloemfontein KANSA-tee