KANSA-tee 2017 was een vir die boeke. Elk van die drie geleenthede het behoorlik gewemel van bedrywighede met die samekoms van duisende gaste wat die samekomste ten bate van KANSA bygewoon het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Ons tema vir 2017 was “Feesviering” en die gevoel van feestelikheid en samesyn was byna tasbaar. Die pragtige tafels, heerlike kos en stylvolle uitrustings van ons gaste het ook bygedra om die tema na hoër hoogtes te neem.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Elke geleentheid sou nie moontlik gewees het sonder elke borg se vrygewigheid nie. Daarom sê ons dankie vir jul ondersteuning – as dit nie vir julle was nie, sou ons nooit só lekker op elk van hierdie dae kon feesvier nie!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ons seremoniemeesters, gaskunstenaars en gassprekers was Zelda Goetz, Liezel Pieters en *Jana du Plessis (Bloemfontein), Hannes van Wyk, Leah en Marion Holm (Stellenbosch) asook Riaan Cruywagen, Jo Black, Willem Botha, Hannon Bothma en Janina Oberholzer (Pretoria).
*Jana du Plessis, een van KANSA se internasionale heldinne van hoop, en ons spreker by Bloemfontein se KANSA-tee, het op 5 Oktober 2017 haar stryd teen kanker verloor. Jana was ’n ware inspirasie en ons sal haar altyd onthou.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Kyk hier na foto’s en ’n lekker video van die drie verskillende byeenkomste:
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Hierdie webwerf gebruik koekies.