Kanker: Wat om te sê – en nie te sê nie deur Anet Schoeman.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
“My einde was as mense met jou gesels en jou skaars kans gee om jou sin te voltooi voor hulle jou vertel van iemand wat dieselfde kanker gehad het en ná ’n uitgerekte siekbed ’n pynlike dood gesterf het.” – Karien (65).
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“’n Siekte kan jou isoleer, want jou lewe staan op sy kop en vir ander gaan die lewe doodgewoon voort. Dis goed as iemand laat blyk dat hy bewus is van jou situasie deur iets te sê soos: ‘Ek is so jammer om van jou diagnose te hoor.’ Daarna kan die gespek oor ander goed handel.” – Rika (50).
“Ek kon slange vang as mense vir my sê hulle weet presies hoe ek voel. As ek vra of hulle kanker gehad het, was die antwoord gewoonlik nee. Net so erg is diegene wat jou heeltyd maan om positief te bly.” – Cindi (45).
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“‘Dit is borskanker, maar ons het baie opsies.’ Dit was my chirurg se woorde ná die biopsie, en hoewel dit bitter slegte nuus was, het sy kommentaar my meer in beheer laat voel.” – Lika (50).
“Ek het een oggend my kaal kop met groot moeite met ’n funky hoedjie verdoesel en eintlik heel goed gevoel tot ek ’n groep vriende nader. Toe hulle my sien, het almal skielik doodstil gebly. Hulle kon netsowel gesê het: ‘Chips ouens, hier kom sy’. Dit was die einde van my lekker dag.” – Tina (27).
“Ek wens mense wil nie jou behandeling bevraagteken nie. Daar is verskeie soorte borskankers en elke pasiënt se behandeling word pasreg vir haar gekies. Dis uitputtend om elke slag te hoor: ‘Hoekom kry jy steeds chemo / bestraling? My vriendin / suster het baie minder sessies gehad.’” – Marí (60).
“Ek was keelvol vir survivors wat my vertel het hoe kanker die beste ding was wat met hulle gebeur het en hoe hulle nou ’n beter mens is en die lewe soveel meer waardeer. My lewe was wonderlik voor kanker en ek het reeds passievol geleef, dankie.” – Suret (52).
“Die heel, heel ergste is as vriende niks sê nie en jou vermy. As hulle my in die straat sien aankom, stap hulle oor na die ander kant, of maak of ek onsigbaar is. As jy onbeholpe voel, stuur ’n SMS, kaartjie of e-pos met iets soos: ‘Ek is jammer om te hoor. Ek dink aan jou.’” – Santie (42).
Lees ook: Borskanker: dis tydmors om jou borsondersoek vir kankerknoppies verkeerd te doen
Lees ook:Borskanker sonder die knoppie: is dit gevaarliker?
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.