Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter by die meel in tot dit soos fyn broodkrummels lyk.
Klits die eier en suiker saam. Gooi die melk geleidelik by die eiers. Meng die vloeistof by die droë bestanddele.
Bedek die boom van ’n groot, dieperige kastrol met water en laat stadig prut. Skep teelepels vol van die beslag in die kastrol. Bedek en laat prut vir 5 min. of tot gaar. kook al die kluitjies klaar en skep hulle in ’n opdienbak. Vul dan die orige water aan tot by 500 ml (2 k).
Voeg die suiker, kaneel en botter by en prut tot effens verdik. Of verdik dit met 15 ml (1 e) mielieblom.