Kaneelsouskluitjies deur Vickie de Beer. Foto: Michael le Grange

Kaneelsouskluitjies
Genoeg vir 4.
Bestanddele
- 250 ml (1 k) koekmeel
- 10 ml (2 t) bakpoeier
- knypie sout
- 30 ml (2 e) botter
- 1 eier
- 30 ml (2 e) suiker
- 60 ml (4 e) melk
Kaneelsous
- 125 ml (½ k) suiker
- 15 ml (1 e) kaneel
- 30 ml (2 e) botter
Metode
- Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter by die meel in tot dit soos fyn broodkrummels lyk.
- Klits die eier en suiker saam. Gooi die melk geleidelik by die eiers. Meng die vloeistof by die droë bestanddele.
- Bedek die boom van ’n groot, dieperige kastrol met water en laat stadig prut. Skep teelepels vol van die beslag in die kastrol. Bedek en laat prut vir 5 min. of tot gaar. kook al die kluitjies klaar en skep hulle in ’n opdienbak. Vul dan die orige water aan tot by 500 ml (2 k).
- Voeg die suiker, kaneel en botter by en prut tot effens verdik. Of verdik dit met 15 ml (1 e) mielieblom.
- Gooi die kaneelsous oor die kluitjies en smul!