Meng die melk, eier en heuning in ’n groot maatbeker. Meng die meel, sout, suiker en gis in die bak van die staanmenger. Voeg die eiermengsel by die meelmengsel. Meng met ’n lae spoed. Skraap die kante van die bak af om alles goed in te meng.
Voeg die 60 ml gesmelte botter in ’n dun straaltjie by sodra die deeg bymekaarkom.
Verhoog die spoed en knie vir 10 min. tot glad en blink. Die deeg moet sag wees en vinnig terugbons wanneer jy daarop druk. Sit die deeg ’n goed gesmeerde bak, bedek met kleefplastiek en laat op ’n warm plek rys tot dubbel die grootte. Sit oornag in die yskas om verder te rys en smaak te ontwikkel.
Die volgende dag
Haal die deeg uit en laat weer kamertemperatuur bereik (sowat 1 uur afhangend van hoe warm dit is).
Voorverhit die oond tot 195 °C en voer ’n diep bakpan met bakpapier uit.
Vulsel
Meng die suiker en kaneel maar hou die botter eenkant.
Rol die deeg sowat 5 mm dik uit op ’n skoon werksvlak wat liggies met meel bestuif is.
Smeer die sagte botter oor die oppervlak van die deeg en strooi die kaneelsuiker eweredig oor.
Rol die deeg in die lengte in ’n dik wors op. Sny die wors in 8 ewe groot skywe en pak langs mekaar met die snykante na bo in die bakpan. Bedek en laat rys vir 30 min. op ’n warm plek.
Koffieroom
Klits die botter, roomkaas en versiersuiker met ’n elektriese handklitser tot glad. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Hou in die yskas tot benodig.
Bak die kaneelrolletjies vir 25-30 min. tot gaar, of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Verf die gesmelte botter oor die rolletjies en bak vir nog 5 min.
Haal uit en laat die koffieroom oor die warm rolletjies smelt.