Kan jy siek word as jou kat jou krap? deur Salomé Delport
As kiet jou krap
Katte kan té woes speel. Hul vlymskerp naels en tande is oortrek met organismes, waarvan sommige werklik gevaarlik is, soos die Bartonella-spesie.
’n Gevallestudie in ’n 2018-uitgawe van die SA Medical Journal vertel die geskiedenis van ’n gesonde, dertigjarige man wat hartpyn en koors ontwikkel het. Ná vele ondersoeke is hartklepinfeksie by hom gediagnoseer, met soveel skade dat sy een hartklep uiteindelik vervang is – ’n duur operasie wat jou vier tot ses weke kan neem om behoorlik te herstel.
Die oorsaak? Bartonella – ’n organisme moontlik afkomstig van ’n kat.
Lees ook: Hoekom spin katte?
Volgens die NIH dra sowat die helfte van katte die organisme in hul bekke en onder hul naels. Aangesien katte ’n mens meestal aan die hande, arms of gesig krap of byt, kan hul lang, smal naels en tande hierdie en/of ander organismes tot naby die been en gewrigte dra.
Hierdie klein, diep wondjies seël baie gou sodat die oorgedraagde kieme diep binne die weefsel begin vermeerder. Dit kan selfs ontsteking van die naaste been of gewrig veroorsaak, of verder deur die liggaam beweeg.
Lees ook: Wat jy moet weet oor hondsdolheid
Kan jy siek word as jou kat jou krap?
Al genees die meeste katskraapmerke oornag, moet jy liewer skraapmerke dophou as jou kat se aggressiewe speletjies jou laat bloei het. Maak so:
- Was die skraapmerk onder lopende soutwater.
- Laat die wond oop bly.
- Hou vir 24 uur dop vir rooiheid, swelling, pyn en koors. Maak ook seker dat die naaste gewrig lekker beweeglik bly.
- Indien die skraapmerk selfs 72 uur later steeds rooi, geswel of seer raak, laat jou dokter so gou moontlik daarna kyk.
Lees ook: Almal is steeds hartseer oor Grumpy Cat
Feit of fiksie? Die waarheid oor ons troeteldiere
Kry katte en honde ook Alzheimersiekte
Mense met troeteldiere is gesonder!