Deur Anet Schoeman
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die mediese tegnologie gaan waarskynlik ’n hele paar jaar by almal van ons se lewe voeg. Die vraag is net of jy finansieel onafhanklik genoeg gaan wees om die laaste jare te leef soos jy graag wil, sê Anthony Katakuzinos, direkteur van Stanlib se Kliëntedienste. Hy waarsku dat vroue so vroeg moontlik meer beheer oor hul finansies moet hê sodat hulle op hul oudag finansieel onafhanklik is. “Anders bestaan daar ’n gevaar dat jy op sewentig weer sal moet gaan werk soek.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Die sleutel is om so vroeg moontlik te begin spaar sodat jy met ’n betreklike klein bedrag per maand ’n groot bate kan skep. Genavieve Fourie, dosent in beleggingsbestuur aan die Universiteit van Johannesburg, glo die sleutel tot ’n kommervrye aftrede lê by beplanning terwyl jy jonk is. Tog klink aftrede ver in die verskiet as jy 21 is, pas afgestudeer het en vir die eerste keer die vreugde van ’n eie salaris smaak. Hoekom is spaar juis nóú so belangrik?
“Die antwoord is tweeledig,” sê Genavieve. “Die voordelige effek van saamgestelde rente en tyd gaan ’n betreklike klein bedrag baie laat groei, en tweedens word die dissipline van spaar reeds vroeg vasgelê. Hoewel jy gewoonlik verplig word om tot ’n pensioenfonds by te dra as jy by ’n groot maatskappy werk, geld dit nie as jy ’n kontrak- of vryskutwerker is, of jou eie onderneming het nie. Boonop gaan inflasie meebring dat jou maatskappypensioen waarskynlik net in 50% tot 60% van jou aftreebehoeftes voorsien. As jy wil verseker dat jy ná aftrede dieselfde lewenstandaard as daarvoor kan handhaaf, sal jy ekstra inkomstebeskerming móét uitneem.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Genavieve sê die twee groot spaaraspekte waaraan jongmense aandag moet gee, is risikobeskerming en inkomstebeskerming. “Risikobeskerming is dekking in die geval waar ’n jongmens nog studieskuld het en wil seker maak dat die skuld ten volle gedelg word in geval van dood. Inkomstebeskerming word uitgeneem in die vorm van ’n pensioen waar jy ’n salaris verdien. Maar as jy vir jouself werk, moet jy hiervoor voorsiening maak in die vorm van ’n inkomstebeskermerpolis wat teen ’n sekere voorafbepaalde ouderdom (60, 65 of 70) teen aftrede uitbetaal word.” Onthou ook dat jongmense waarskynlik drie keer van werk gaan verander en nie in die versoeking moet kom om die pensioenfondsuitbetaling vir iets anders te gebruik nie. Betaal dit dadelik in die nuwe pensioenfonds in.
Die ideaal is dat jongmense in hul vroeë twintigerjare 10% tot 15% van hul netto salaris (ná aftrekkings) per maand vir ’n langtermynspaarplan opsy moet sit, sê Anthony. Hoe jy dit gaan belê, gaan van jou dissipline afhang. Die ideaal is om jou belegging gelykop tussen uittree-annuïteite en effektetrusts te verdeel. Genavieve meen ’n effektetrust is op dié ouderdom een van die beste beleggings, want daar is maatskappye wat jou via een produk toegang tot verskeie effektetrusts gee.
En wees maar eerlik met jouself. As jy nie dissipline het nie, bly weg van effektetrusts, want dit kan maklik onttrek word. Maar iets soos uittree-annuïteite word vas belê en net op ’n voorafbepaalde aftree-ouderdom beskikbaar gestel. Bespreek die verskillende uittree-annuïteite met ’n kundige, want sommige gee jou meer vryheid sodat jy jou bydrae vir ’n tydjie kan staak en later hervat.
Nog ’n voordeel van uittree-annuïteite is dat as jongmense ’n onderneming of praktyk begin wat dalk in die skuld beland, krediteure nie hul hande op die uittree-annuïteit kan lê nie.
Hoewel nuwe wetgewing die beskikbaarheid van kredietkaarte gaan inperk, moet jongmense baie versigtig vir krediet wees. “Beslis nie meer as een kredietkaart nie,” maan Anthony. “Te veel mense maak van maklike krediet gebruik en besef nie wat die hoë prys is wat jy daarvoor betaal nie.” Jy betaal duurder vir die items as jy dit oor ’n tydperk afbetaal en as jou oordadigheid jou inhaal, kry jy ’n swak kredietstand. “Dit kan veroorsaak dat maatskappye in die toekoms nie geld aan jou wil leen nie, en indien hulle dit wel toestaan, jy dit teen ’n minder gunstige rentekoers gaan kry.”
Tog is daar iets soos “goeie” skuld en “slegte” skuld. Anthony sê goeie skuld is skuld wat jy aangaan waar jy ná afbetaling met ’n groot bate soos ’n huis of voertuig sit. Slegte skuld is wanneer jy klere en ander mode-artikels op skuld koop. “Spaar liewer tot jy genoeg geld het om hierdie soort items kontant te koop as om in die versoeking te kom om kredietkaarte en winkelrekeninge te gebruik. ’n Voertuig is ’n goeie bate solank dit nie meer as ’n kwart van jou salaris maandeliks kos nie. So wees realisties.”
Spaar is ’n geweldige belangrike konsep wat ongelukkig nie hoog op Suid-Afrikaners se lysie is nie. Anthony wil sien dat ouers van vroeg af ’n spaarbewustheid by hul kinders skep deur hul sakgeld in ’n ATM-jeugrekening in te betaal. Vra by jou bank inligting oor spaarrekeninge vir kinders onder 16 en 18.
Hoewel dit noodsaaklik is om vir jou oudag te begroot, is dit net so nodig om ander langtermyndoelwitte te stel om voor te spaar. Dit sluit in kinders se opvoeding asook prettige goed soos ’n oorsese reis. Skool- en tersiêre opleiding moet by geboorte aandag kry. Hoewel baie kinders deesdae eers oorsee gaan werk om genoeg geld te maak om te gaan studeer en daar studentelenings is, is opleiding so duur dat ’n jongmens gaan sukkel om ’n studentelening (drie jaar se studie, verblyf en lewenskoste) met ’n beginsalaris af te betaal. Stel vir jouself doelwitte, soos om oor vyf jaar oorsee te gaan, benodig jy R50 000. Deur hierdie doelwitte te stel, kan jy jou finansiële beplanner vra om na lantermyntendense te kyk en jou dienooreenkomstig te adviseer.
As jy teen 35 nog nie begin spaar het nie, moet jy onmiddellik begin. Nou is dit baie moeiliker as voorheen, omdat jy aan ’n sekere lewenstyl gewoond geraak het en waarskynlik ook ’n gesin het. Jy sal nou meer as die 10% – 15% van voorheen moet spaar, anders gaan jy nie gemaklik kan aftree nie. Omdat jy nou minder tyd het om te spaar moet jy eerder na aandele op die aandelemark kyk. Dit behoort meer geld as baie ander beleggings te genereer. Die risiko is hoër, omdat jy ’n korter tydperk het om die geld te maak.
Teen 55 moet jy sonder enige skuld wees en moet verkieslik beleggings aangaan wat jy maklik in geld kan omskakel as jy dit nodig het. As jy nie insae in jou finansiële posisie het nie, moet jy dit met jou man bespreek en ook vasstel wat gebeur as hy sou sterf. Alle banke het finansiële beplanners en jy hoef nie geïntimideer te voel as jy net ’n klein bedrag wil belê nie. Bel jou bank vir inligting. Dis be-langrik dat julle ’n vertrouensverhouding het, so as jy ongemaklik voel, soek ’n ander beplanner.
Lees ook: Huis, paleis, aftree-oord… 8 dinge wat jy moet weet
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.