KAMERS/Makers Stellenbosch 2018. Foto’s verskaf.
KAMERS/Makers se tweede laaste skou van die jaar is hier! Dié somerskou vind plaas in die wynlande, vanjaar by die wonderlike Blaauwklippen-wynlandgoed tussen Stellenbosch en Somerset-Wes. Hulle verwag om rekords te breek met bykans 180 uitstallers, wat beteken dat dit die grootste KAMERS/Makers nog sal wees!
KAMERS / Makers bly ’n kontantlose omgewing, te danke aan hul goeie vennote, ABSA.
Die nuwe en verbeterde KAMERS-aanlynverkope maak dit nou makliker om jou gunstelingprodukte regdeur die jaar by shop.kamersvol.com te koop.
KAMERS/Makers 2018 Stellenbosch
Blaauwklippen-landgoed
30 Oktober – 4 November 2018, 09:00 – 17:00 daagliks
Kaartjies:
R60 by www.plankton.mobi en R90 by die hek. Hierdie kaartjies sluit in ’n beperkte voorraad KAMERS/Makers-inkopiesak en ’n tydskrif.
Multidag-toegang: R120
Groep- afslag: Koop drie, kry een gratis.
Studente en pensionarisse: R60.
Onder 18 kry gratis toegang.
Vir meer inligting, besoek hulle webwerf. Besoek hul aanlynwinkel om inkopies aanlyn te doen. Volg hulle op sosiale media: Facebook| Instagram | Twitter
#KAMERS2018.