Kamers/Makers bied waarlik iets vir elke smaak.
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Maryke Roberts
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Die Kamers-span het ’n groot samewerkingsprojek met Reach for Recovery gehad, omdat Oktober ook Borskanker-bewustheidsmaand is. Hul veldtog was “Punch for pink” en ’n treffende uitstalling met tientalle pienk bokshandskoene het besoekers net ná die ingang verwelkom.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Die Kamers-span het ’n groot samewerkingsprojek met Reach for Recovery gehad, omdat Oktober ook Borskanker-bewustheidsmaand is. Hul veldtog was “Punch for pink” en ’n treffende uitstalling met tientalle pienk bokshandskoene het besoekers net ná die ingang verwelkom.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Kamers/Makers het ook twee modeparades met borskanker-oorleweraars ten bate van Reach for Recovery gehou.
Besoekers kon vir die duur van die fees onder die reuse ou bome op die geskiedkundige landgoed met ’n glas wyn, gin, vonkelwyn of ander drankies ontspan en deur die stalletjiehouers se kreatiwiteit inspireer word, terwyl die kosstalletjies die mae volgehou het.
Verskeie pryse is aan die stalletjiehouers toegeken en deur René Groenewald, produk-ontwikkelaar en betrokke by innovasie by Woolworths, beoordeel. Beste Produk: NinaSkep leerprodukte; Beste Handelsmerk (Branding): Fieldbar; Innovasie-toekenning: Elmarie Berry; Spangees: Billynow; Beste stalletjie: @dorandkieobjects; Volhoubaarheidstoekenning: Crosspolynations weefprodukte en Beste Nuweling: Igoti Décor.
Hetta van Deventer-Terblanche, die bekende koshistorikus en TV-persoonlikheid, klink ’n glasie Two in a bush rooibostee ysdrankie.
Nell-Louise Pollock van Mending Threads noem haarself ’n Craftivist – iemand wat hul aktivisme deur handwerk demonstreer – en het tydens Kamers/Makers aan haar projek, ’n ope brief aan president Cyril Ramaphosa oor die vroue en kinders wat die afgelope jaar aan geslagsgebaseerde geweld gesterf het, borduur. Sy voltooi dié projek na ’n jaar op 25 November 2022, nadat sy dit verlede jaar op die eerste dag van die 16 Dae van Aktivisme-veldtog begin het.
Die interessante name van Therapeutix se kerse, het my oog gevang. Wie wil nou nie ’n kers met die woorde “Please resend with attachment” of “As per my previous email” of “It’s too people-y outside” op jou tafel sit vir lekker ete-gesprekke nie?
Die laaste Kamers vir 2022 word van 29 November tot 4 Desember by St. Davids School in Sandton gehou. Bespreek by webtickets of kry meer inligting by www.kamersmakers.com
In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Hierdie webwerf gebruik koekies.