Die nuus is onlangs bekendgemaak dat die gewilde KAMERS-mark weer die land se mees innoverende, kreatiewe en opwindende kunsskeppers die kans gaan gee om hul handewerk met ons te deel.
Dit is amptelik vasgestel dat KAMERS nog drie markte vir 2016 gaan hou met venues wat in Johannesburg, Pretoria en Stellenbosch aangekondig is. Dié nuwe markte is te danke aan die groot aanvraag na handgemaakte produkte wat weens die vorige KAMERS-geleenthede ontstaan het.
Die datums en tye is soos volg:
Johannesburg
28 September – 2 Oktober
Galleria, Kramerville, Sandton
Daagliks van 9:00 – 17:00
Irene, Pretoria
28 November – 4 Desember
Open Window, Southdowns
Daagliks van 9:00 – 17:00
Stellenbosch
1 – 6 November
Anura Wynlandgoed
Daagliks van 9:00 – 17:00
Kaartjies kan op www.plankton.mobi gekoop word en sluit die toegangsfooi, ’n tydskrif en ’n KAMERS-inkopiesak in.
Studente- en pensionarisafslag is beskikbaar.
Alle persone onder 18 jaar geniet gratis toegang (uitsluitend ’n tydskrif en inkopiesak).