kategorieë: Ontspanning

Kaleidoskoop van lekkerte

Anique glo haar passie vir musiek is ingebore.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ek kan nie ’n tyd onthou wat daar nie musiek in ons huis of my lewe was nie . My ma en pa is altwee lief vir musiek en hulle sing graag. Daar is ook musiek-onderwysers en orreliste in beide se voorgeslagte. My pa het my voor die klavier neergesit toe ek nog nie kon loop nie en ek het myself leer speel.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy het in Sub A (graad 1) begin klavierlesse neem tot sy 17 was (graad 11) en UNISA Gr.7 eksamen gespeel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Sanglesse het op 12 begin en ek verskeie kompetisies deelgeneem vir blootstelling. Dit was nog altyd vir die liefde van die saak.”

As Bsc Fisiologie Honneurs-uitblinker was sy reeds van skool af ’n linkerbrein-student, maar het in voeling gebly met haar regterbrein.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Op skool het een van my Wiskunde-onderwysers heeltyd my naam verkeerd gekry – hy het my Angelique genoem, want hy het gesê dis die naam van ’n engel wat mooi sing. Wat hy ook gesê het, is dat mense wat goed is in musiek ook gewoonlik goed is in Wiskunde, maar “ek weet nie wat het by jou fout gegaan nie, Angelique?”

Sy was op skool goed in Biologie en Wetenskap so dit het na die “logiese” opsie gelyk om te gaan swot nadat musiek en teater uitgeskakel is as “’n rigting waarin daar nie werk is nie”.

“Ek het nooit as Fisioloog gewerk nie, maar het direk na my honneursjaar voltyds saam met Jouba in Kaleidoskoop begin sing. Net die Here weet of ek ooit sal ‘Fisiologeer’. Die naaste wat ek myself kan indink in daardie rigting is ’n Biologie-onnie wat balans handhaaf deur ook die skoolkoor af te rig. Hopelik hoef ek nie daardie roete in die nabye toekoms te verken nie.”

Sy droom om vir eers aan te hou sing en dalk ook eendag meer skryf en verwerkings te doen.

“Ek dink daar is baie onverkende paaie in die bedryf. Maar soos ek sê, die Here weet en Hy wys my nog nie ’n volgende stap nie.”

Met haar hart in haar heimat op die Kaapse platteland het Pretoria haar aangenaam verras met sy vriendelike mense.

“Maar my hart trek met ’n punt terug Kaap toe en sal altyd maar op die plaas tussen die wingerd en by my familie wees.”

Sy was eers ’n aanhanger van Kaleidoskoop voor sy in die groep beland het.

“Jouba het ons koshuis, Metanoia, se serenade-groep genooi om een van hul vertonings by te woon toe hy nog saam met twee vriende in Kaleidoskoop was. Ek het baie van die musiek gehou, ’n CD gekoop en ’n volslae fan geword. Daar het niks anders in my koshuiskamer gespeel nie. Nodeloos om te sê was ek uit my vel toe hy my kontak om ’n vertoning op die strand saam met hom te doen omdat een van die lede toets moes skryf.”

Daarna het sy gereeld saam as gas-kunstenaar opgetree en kontak behou met Jouba in Australië. Sy is in 2009 “promote” tot deel van Kaleidoskoop.

“Jouba is een van daardie buitengewone natuurlike talentvolles. Hy kan ALLES doen en alles GOED doen. Van houtwerk tot enige sport onder die son tot sing en selfs dans!”

Hy het homself eers in sy eerste jaar leer kitaar speel en skop deesdae stof in van die land se voorste musikante se kitaarbokse!

Anique hou van hoe hy skryf.

“Sy lirieke is baie uniek en ek ag myself bevoorreg om saam met hom te kan sing.Ons is gelukkig om baie eenderse sienings oor Kaleidoskoop te hê, so 90% van die tyd is die see kalm. Elke mens het mos maar sy dinge, so die lang ure – en selfs dae of weke – saam eis soms sy tol. “

Hulle ken mekaar al so goed dat hulle weet hoe om mekaar te hanteer en ook spasie te gee.

“Gelukkig vir my is hy een van die sagste en geduldigste mense wat ek ken.”

Kyk hier na hul musiekvideo #Roadtrip.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

8 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

8 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

9 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

9 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

11 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

12 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.