Kaasfrikkadelle deur Vickie de Beer. Foto: Craig Fraser.
Genoeg vir 12 frikkadelle
Bestanddele
- 500 g beesmaalvleis
- 1 ui, gekap
- 1 medium wortel, geskil en grof gerasper
- 1 klein murgpampoentjie, grof gerasper
- 60 g (60 ml) tuisgemaakte tamatiesous of passata (Italiaanse tamatiepuree, beskikbaar by supermarkte)
- 80 g (160 ml) gerasperde cheddarkaas
- 1,5 g (5 ml) psylliumvesel
- 5 g (5 ml) sout
- 45 ml (3 e) olyfolie
Metode
- Meng die maalvleis, ui, wortel, murgpampoentjie, tamatiesous, kaas, psylliumvesel en sout in ’n groot mengbak. Meng goed deur.
- Rol die mengsel in klein happiegrootte frikkadelle.
- Verhit die olyfolie in ’n braaipan oor matige hitte en braai die frikkadelle in sarsies tot gaar en goudbruin, sowat 10 min.
per 100 g
- energie 365 kkal.
- proteïen 14 g
- vet 33 g
- koolhidrate 4 g
- allergene suiwel