Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek
Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood
Serves: 6
Cooking Time:
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 175 ml (3⁄4 k) melk
- 5 ml (1 t) strooisuiker
- 100 g botter, plus ekstra om die bak te smeer
- 25 ml (5 t) Marmite
- 2,5 ml (½ t) sout
- 500 g wit broodmeel
- 10 g kitsgis
- 4 groot eiers, geklits
- 250 g cheddar, gerasper
- swartpeper
- 15 ml (1 e) warm water
Instructions
- 1 Verhit die melk in ’n kastrolletjie. Trek van die hitte af en roer die suiker, botter en 15 ml (3 t) van die Marmite in tot die botter gesmelt is. Laat afkoel tot louwarm.
- Sif die meel, sout en gis saam in die mengbak van ’n elektriese menger met die deeghaak aan. Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele.
- Klits die eiers en die melk saam. Voeg dit by die droë bestanddele terwyl die menger stadig hardloop en meng tot ’n sagte en effense taai deeg vorm.
- Knie vir 5-7 min.
- Smeer ’n mengbak met olie, sit die deeg in die bak, bedek met kleefplastiek, sit op ’n warm plek en laat rys vir sowat ’n uur tot dubbel die grootte.
- Smeer ’n 22 cm x 11 cm-broodpannetjie met botter. Knie die deeg af en strooi die gerasperde kaas en peper oor. Knie vir ’n minuut of tot die kaas goed ingemeng is.
- Verdeel die deeg in 8 balletjies van sowat 150 gram elk en pak knus teen mekaar in die broodpan.
- Laat staan vir 1–1½ uur op ’n warm plek tot die deeg dubbel in grootte gerys het.
- Verhit die oond tot 180 ˚C. Bak die broodjie vir 20-30 min.
- Meng die oorblywende Marmite met warm water en smeer oor die bokant van die brood.
- Bak die brood vir nog 10-15 min. of tot die toetspen skoon uitkom.
12 Sit warm voor met rokerige ertjiesop.
Anelle Tewson
Lees Meer
Beste, maklikste sjokoladekoek!
27/01/2025
Pistasieneut-en-bosbessie-nougat
24/01/2025
Nektarientert
23/01/2025