Wanneer laas het jy ’n heerlike aand spandeer – en dit vir ’n goeie doel? Johannesburg se grootste kuns-fondsinsamelingsgeleentheid, Night of 1000 Drawings, sal op 16 November 2017 aangebied word, en dit beloof om meer pret as verlede jaar se geleentheid te wees. Die tema vir donasies vir 2017 was Bring Jou Kuns, maar hierdie keer is dit tyd om jouself (en vriende en familie) te bring.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Hierdie geleentheid sal aangebied word by Nommer 1 Eloffstraat, Hangout Jozi op. Kaartjies is beskikbaar by Quicket teen R100 per persoon of teen R120 by die deur. Enigeen wat belangstel in kuns sal mal wees oor die sketse, foto’s, borduurwerk, mosaïekwerk, piouterwerk … Donasies van alle soorte – wat als te koop sal wees teen R100 ’n stuk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die Night of 1000 Drawings is uniek in die sin dat dit ’n viering is van Johannesburg en die passie van dié stad se inwoners, soos gesien kan word deur die duisende kanniedode wat verlede jaar in die sousende reën opgedaag het vir die geleentheid. Daar sal regstreekse musiekkonserte wees, kosstalletjies en ’n volle kroegdiens. Kunstenaars wat gaan optree sluit in Percy’s Perseverance, Go Barefoot, African Rhythm en Samthing Soweto met NomiSupasta as seremoniemeester vir die aand.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Alle opbrengste van die kaartjieverkope gaan aan die Bjala-stigting en Streetlight Schools.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.