Een van Norwegian Cruise Lines (NCL) se luukse skepe, Jade, het onlangs in die Kaapstad hawe op anker gelê.
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Maryke Roberts
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Vanjaar is die eerste jaar wat NCL skeepsvaarte uit Kaapstad aanbied en by ander hawestede aan die Suid-Afrikaanse kus aandoen.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die NCL-skeepsvaarte is luukse ervarings ter see, maar met elke vasmeer in hawens, is daar wonderlike dag-uitstappies om die stad en omliggende toeriste-attraksies met of sonder gidse te gaan verken.
Jade is in 2006 gebou, maar het in 2017 ’n reuse opknapprojek ondergaan. Jade kan 2394 gaste akkommodeer op die 15 dekke, met 16 verskillende eetplekke waar passasiers kan ontspan. Hiervan is ses spesialiteitsrestaurante, wat van die wêreld se beste sjefs en -wyne op hul spyskaarte het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Een van Norwegian Cruise Lines (NCL) se luukse skepe, Jade, het onlangs in die Kaapstad hawe op anker gelê.
Die Stardust-teater het saans twee vertonings en dis net die plek om met ’n glas van jou gunsteling drankie agteroor te sit vir wêreldklas vertonings. Hier kan jy onder meer na ’n Cirque du Soleil-styl vertoning kyk met goëlaars en dansers en akrobate of na Country musiek-optredes luister. Daar is ook verskeie ander vermaak-opsies aan boord. NCL bring jaarliks die beste Broadway-produksies aan boord.
Terwyl die kinders in die Entourage aktiwiteitsentrum baljaar, kan pa en ma in die spa of by een van die mooi kroeë ontspan.
Die middag het afgeskop met drankies by een van die buitekroeë langs die swembad, wat deel vorm van NCL se globale volhoubaarheidsprogram, Sail & Sustain, wat gesentreer rondom die maatskappy se verbintenis om ’n positiewe impak op die samelewing en die omgewing te hê. Die kroegspan het vertel: “Ons besigheid is onlosmaaklik gekoppel aan die bewaring van ons planeet en die beskerming van ons gedeelde hulpbronne. Ons omgewings-, maatskaplike en bestuurstrategie (ESG) is gefokus op vyf pilare, maar in die kroeg vandag fokus ons met ons vier volhoubare drankies op die vermindering van ons impak op die omgewing deur klimaatsverandering te bekamp; oseane te beskerm; afval na stortingsterreine te verminder; vars water te bewaar; volhoubare bronne te gebruik en te verminder, hergebruik en herwin.”
Die drankies wat ons geniet het, wat deel vorm van NCL se globale volhoubaarheidsprogram, Sail & Sustain, het alkohol van gesertifiseerde volhoubare verskaffers as basis en die NCL-span maak strope en pulp van alle ongebruikte kos soos croissants, koffie, lemoensap en vrugte, wat daagliks ongebruik is.
Met Tafelberg in die agtergrond en die lewendige klanke van die V&A Waterfront in ons ore, het ons die vier drankies, Watermelon Twist, Cucumber Cool, Croissant Mai Tai en Pulp Art, geniet. Almal het alkohol van gesertifiseerde volhoubare verskaffers as basis en die NCL-span maak strope en pulp van alle ongebruikte kos soos croissants, koffie, lemoensap en vrugte, wat daagliks ongebruik is.
Daar is verskeie swembaddens, buite kuierplekke en gimnasiums aan boord, om al daardie lekker kos en kos en skemerkelkies af te werk.
Ons kon daarna die skip verken, voor ons in een van die spesialiteitsrestaurante, La Cucina, gaan eet het. Daar kan jy smul aan Italiaanse kos en wyn, soos in ’n fynproewerrestaurant in enige wêreldstad. Met ons vertrek, was dit vir oulaas foto’s van die skip en die hawe, met ’n trotse gevoel dat veel meer internasionale toeriste voortaan ons pragtige land aan boord en aan wal kan verken, danksy die NCL skeepsvaarte wat hier gaan aandoen.
Ek is amper half hartseer om totsiens te sê en te weet die passasiers gaan die volgende paar dae die kuslyn verken en by Mosselbaai, Gqeberha, Richardsbaai, Durban, Luderitz en Walvisbaai aandoen, voor hulle terugkeer na die Moederstad.
Norwegian Dawn onderneem in Januarie en Februarie ’n 12 dag skeepsvaart waar daar by nege hawens, Port Louis, Mauritius, Pointe Des Galets, Reunion, Fort Dauphin (Toalagnaro), Madagaskar, Pomene en Maputo in Mosambiek, Richardsbaai, Gqeberha en Kaapstad, aangedoen word.
Daar is ook ook op dieselfde skip ’n 21 dae skeepsvaart in Maart met Kaapstad, Walvisbaai, Luanda (Angola), die eilande van Sao Tome en Principe, Abidjan (Ivoorkus), Banjul (Gambië), Dakar (Senegal), Santa Maria (Cape Verde), Santa Cruz de Tenerife (Kanarie-eilande), Arrecife (Lanzarote), Agadir (Marokko), Casablanca, (Marokko) en Barcelona (Spanje) vasgemeer word.
Meer inligting oor die skeepsvaarte wat by Suid-Afrika aandoen, kan by www.ncl.com bekom word.
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.