Hierdie kompetisie is tans in sy sewende bestaansjaar en is ook die mees gesogte mixology byeenkoms van sy soort. Dit is hiér waar die crème de la crème van kroegmanne gevier word terwyl hulle nuwe neigings en standaarde van die mengeldrankie na hoër hoogtes neem.
Dié swierige affêre gaan vanaf 31 Augustus tot 4 September in Johannesburg, asook Kaapstad, plaasvind, waartydens daar na verwagting kroegmanne- en meisies van meer as 50 lande gaan deelneem. Vanjaar se kompetisie sien ook die meeste inskrywings van kroegmeisies in die kompetisie se geskiedenis, wat dit die grootste Wêreldklas kompetisie tot op hede maak.
Tallose kundiges in die mixology bedryf, asook verskeie media verteenwoordigers gaan tydens hierdie baanbreker week te siene wees. Die gebeurtenisse gaan boonop op televisie uitgesaai word en die koördineerders hoop om verlede jaar se kykerstal van 28 miljoen te oorskry.
Dit is waarlik ’n eens in ’n leeftyd ervaring om hierdie week by te woon, maar as jy eerder jou eie lyf as kroegmeisie wil voorhou, probeer gerus ons mengeldrankie met sjokoladesterretjie-resept hier en laat weet ons in die kommentaar wat jy daarvan dink!
As sjokolade nie jou voorland is nie is dié Sjerrie-mengeldrankie dalk net die een vir jou en as jy meer waaghalsig is mag dalk meer van ons Jack Parow-mengeldrankie hou.