Ou Plaashuis-gastehuis
Kaapsehoop: plek van die wilde perde deur Martie Swanepoel. Foto’s verskaf
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Dit is die Faceboek-plasings van mede-joernalis De Wet Potgieter wat my gelok het. Sedert hy die redakteurskap van die Laevelder oorgeneem het, leef hy en sy vrou, joernalis en skrywer Alita Steenkamp daar tussen die wilde perde in hulle ou plaashuis.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ons het in hul gastehuis tuisgegaan en die uiters ruim kamers het ’n romantiese atmosfeer met antieke meubels en ’n pootjiesbad wat jou help terugreis in tyd.
Die dorpie het lekker snuffelwinkels waar jy tweedehandse klere, antieke ware, kunswerke en handgemaakte glas-kuns kan koop.
As jy jou energie uitgewoed het op die staproetes deur die klipkoppies rondom die dorp, kan jy jou innerlike gaan versterk by een van die talle restaurants en koffiewinkels.
Op ons staptog deur die nostalgiese strate van die dorpie is dit die warm atmosfeer van die talle historiese huise wat jou opval. Die ou kommissariswoning en kommissarisplein was vir my hoogtepunte. Die vervalle geboue verteenwoordig ’n era wat nog in die mistige strate van die bergdorpie weerklink.
Die kommissarisplein
Die dorpie is omring deur denneplantasies en ons het deur een gestap tot by die antieke begraafplaas waar gesinne se geskiedenis uitgestippel word deur rye grafte. So is daar die Graham-gesin wie se eenjarige kind, William, in November 1936 gesterf het. Hul pasgebore Myrtle het in September 1937 gesterf en twee maande later is hul tienjarige kind, nog ’n William, oorlede. Dit vertel die geskiedenis van ’n delwersgemeenskap wat ver verwyder was van behoorlike mediese hulp.
Daar is ook die graf van Evan Davies wat in die geveg van Delville-bos in die Eerste Wêreldoorlog gewond is en op 80-jarige leeftyd op Kaapsehoop gesterf het.
Ons het ontbyt geëet by die lieflike Silver Mist Country Inn. Giel het gesmul aan lewer, eiers en pap terwyl ek die pap, kaiings en eiers verorber het.
Die wilde perde van Kaapsehoop. Foto De Wet Potgieter
*Vir meer inligting oor die ou Plaashuis-gastehuis bel 0836955308
Die wilde perde stap by die ou kommissarisplein
Jy kan Martie Swanepoel se blogplasings, Windswael, vir rooi rose op ons webblad lees! Hier is ’n keur van haar skryfwerk:
“’n Tiet om te kom en ’n Tiet om te gaan”
Lees ook die nuutste vervolgverhaal, Vlam, uit die pen van Martie Swanepoel. Klik hier
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.