Die Kaapse Internasionale vlieër-fees is Afrika se grootste vlieër-fees. Vlieër-liefhebbers van onder meer China, Engeland, Duitsland en Nederland sal hul ongelooflike skeppings wys. Skeppings soos vlieënde visse, drake en selfs varke sal die lugruim inneem.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Vragmotors vol kos, lekker musiek, ’n speelarea vir kinders en gratis vlieër-werkswinkels gaan hierdie dag familievermaak op sy beste maak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die fees word gehou ter bevordering van Kaapse Geestesgesondheid. Laasgenoemde bied belangrike geestelike gesondheidsdienste aan kinders en volwassenes in Kaapstad en omliggende gebiede.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Inskrywing is R40 per persoon (R15 vir kinders 12 jaar en jonger).
Die fees vind plaas by die Zandvlei-natuurreservaat, Muizenberg (hoek van Axminster en The Row). Dit is elke dag oop van 10:00 tot 18:00. Daar is baie parkering en maklike toegang per trein (Valsbaai of Muizenberg-stasies).
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Vir meer inligting, besoek capementalhealth.co.za, e-pos info@cmh.org.za, skakel 021 447 9040 of gaan na @CTKiteFest op Facebook, Twitter & Instagram.
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Hierdie webwerf gebruik koekies.