Jy’s nooit te oud vir fietsry nie deur Anet Schoeman
Ek is altyd verstom oor die hoeveelheid ouer mense wat fietsry in Europa. Dis glad nie ongewoon om elegante tagtigjariges op fietse te sien inkopies doen en vriende besoek nie.
Fiksheidkenners is glad nie verras nie, want fietsry is een van die beste sportsoorte vir ouer mense.
Die groot voordeel is dat fietsry aansienlik vriendeliker met ouer knieë, heupe en enkels is, want daar is nie impak op jou gewrigte soos met hardloop nie. Die beweging is ook liniêr en nie heen en weer soos in die geval van tennis nie.
Nie alleen verbeter dit jou fiksheid nie, fietsry doen ok wondere vir jou balans en kernspiere wat uiters belangrik is as jy ouer word!
Lees ook: Te oud om te begin oefen? Dink weer!
Lees ook: Verseker jou fiets: 9 belangrike dinge wat jy moet weet
Wat sê die studies?
- Fietsry kan jou immunitiet verbeter en dus teen siektes beskerm.
- Fietsryers leef langer en het ’n kleiner risiko vir kanker en hartvatsiektes.
- Mense wat gereeld 30 minute op ’n stilstaande fiets oefen, se geheue het verbeter, en was beter met strategieë beplan en redeneer nadat hulle geoefen het.
- Mense wat op ’n fiets geoefen het, het ook toetse vinniger voltooi na die oefening as voor die oefening.
- Daar word ook gereken dat oefening dalk ’n beskermende effek kan hê teen die ontwikkeling van Alzheimer se siekte.
- As jy boonop die geleentheid het om in die buitelug fiets te ry, gaan dit groot voordele vir jou bui inhou. En die mooi omgewing laat die oefening makliker voel.
Lees ook: Sjoe! Oefen só as dit warm is
Voordele van fietsry vir ouer mense
- Beter spierkrag
- Beter balans
- Verbeter cholesterolvlakke
- Hou jou gewig gesond
- Vebeter jou bui een veg depressie tee
- Bied sosiale interaksie vir eensames
- Fietsry verhoog jou hartklop maar takel jou gewrigte minder af as bv. ’n sportsoort soos hardloop of loop.
Wenke as jy fietsry
- Hou jou knieë stabiel as jy trap. Dit skep meer krag en verhoed dat jou knieë na ’n sessie pyn.
- As jy in die gim oefen is dit ’n goeie proefneming om voor ’n spieël te sit en jou vorm dop te hou. Maak seker dat jou ledemate in ’n regtuit lyn beweeg. Moenie dat knieë na buite of binne draai nie en let daarop dat jou skouers nie opgetrek of skeef is nie.
- Kry hulp sodat jou fiets of oefenfiets reg opgestel is vir jou. Mens se soepelheid verander soos jy ouer word en dit mag jou posisie affekteer.
Hier is nog goeie raad vir beginner-fietsryers
’n Maklike 28-dag-plan vir beginner fietsryers
Toets jouself voor jy begin ry: Hoe fietsfiks is jy?
Fietsry vir beginners: Die maklikste roetes om weer aan die gang te kom
Aërobiese fiksheid, kragbou en uithouvermoë vir fietsryers
15 dinge waarna jy moet kyk in die 30 sekondes voordat jy op jou fiets klim
Hier is tegniek-raad vir fietsryers
Bergfietsry: Oorwin sagte sand
Wat pak jy vir ’n multi-dag fietsmaraton?