kategorieë: Gesondheid

Jy vra: tatoeëermerke & borskanker?

Vraag
Ná ek foto’s op die Internet gesien het van vroue wat tatoeëermerke oor hul mastektomiemerke aangebring het, is ek lus vir my eie sierkrul. Behalwe dat ek wonder wát die mooiste sal lyk en wié ek kan vra om dit te doen (ek is in die vyftig en lyk soos ’n tannie) wil ek darem ook weet of dit veilig is. Dit gaan vir my daaroor om net weer mooi te lyk – en dalk so ietsie waaghalsig. Ek dink dit gaan my na ’n stout tiener laat voel – waarna ek nogal uitsien.
– Betsie, Paarl

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Antwoord
Dit is ’n nuwe gier dié. Ná jou bors verwyder is, laat jy iets simbolies oor jou letsel tatoeëer. Hierdie konsep van jou heelwees terugkry, praat ’n taal wat elkeen verstaan wat hierdeur is. Maar wag ’n bietjie, sê KANSA. Daar is ’n hele paar risiko’s:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Daar is geen wetgewing in ons land wat tatoeëer-ink beheer nie en enige kleurmiddels – veilig en gevaarlik – kan daarin geplaas word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Selfs in die VSA, waar veel meer beheer is, is van nikkel tot kadmium en arseen in tatoeëer-ink opgespoor. Kadmium is ont-settend giftig vir mense. Selfs in klein dosisse veroorsaak dit van ligte verkouesimptome tot dodelike nierskade.

Daarby is dit ’n kankerwekker, veral as jy op lang termyn, soos met ’n tatoeëermerk, daaraan blootgestel word. Nikkel is ook ’n kankerwekker, en daarby is baie mense daarvoor allergies. Arseen is ’n bekende gifstof.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Dit is ’n algemene praktyk om swart haarkleursel by tatoeëer-ink te voeg om die donker kleur te kry. Haarkleur is wel goedgekeur, maar as middel wat in jou hare vasgelê word van waar dit nie in jou liggaam opgeneem kan word nie.

As tatoeëer-ink word dit in jou velselle geplaas. Soos dit met selle gaan, verouder hulle en breek op, met die gevolg dat die haarkleur geleidelik en oor ’n lang tyd in jou liggaam vrygestel word.

3 Is henna-tatoeëermerke veiliger? Henna-ink kom deesdae in allerhande kleure, van swart tot diepbruin, rooi en selfs groen.

Die kleure word verkry deur kleurmiddels by te voeg, soos diaminotoluene en diaminobensene. Baie mense is hiervoor allergies. Baie gevalle is aangeteken waar mense van dadelik tot ’n week later rooi uitslaan en/of blase ontwikkel. Henna is tydelik maar dit kan jou velpigment permanent afbreek en jou met wit vlekke laat.

4 Jy sien dalk ter wille van ’n bietjie kuns en kleur op jou vel vir ’n allergiese reaksie kans maar diaminotolueen is ’n perd van ’n ander kleur. Dit word deur jou vel opgeneem, en veroorsaak ’n soort anemie wat meebring dat jou rooibloedselle minder suurstof opneem, wat daarop neerkom dat jou selle – en jy – minder energie kan hê.

5 Kanker en kanker-behandeling verswak jou immuunstelsel. Jy is minder in staat om infeksies en vreemde stowwe en allergieë te hanteer. KANSA raai veral mense ná kanker af van tatoeëermerke terwyl hulle nog onder behandeling is, of nog nie volkome genees het nie. Dink twee maal. Of wag tot jy heeltemal kankervry verklaar is.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: borskanker

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

11 hours Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

17 hours Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

18 hours Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

18 hours Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

18 hours Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

19 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.