kategorieë: Leef gesondGesondheid

Jy mág sê jy’s mooi

Deur Salomé Delport. Hooffoto: Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vormrealisme. So word hierdie nuwe neiging genoem waarvolgens modelle van alle vorms en groottes in modefoto’s of modeparades gebruik word. Plusgrootte, kortetjies, modelle met Downsindroom en selfs dié met geskende gesigte gly swierig oor die loopplanke. En ons is superbly dat vormidealisme – die supermodel as fisieke rolmodel – uiteindelik ’n bietjie getem word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maar hoe lyk die werklikheid in ons eie lewe? As jy in jou skamele swemkleertjies staan, kraak jy jouself af, of kry jy dit reg om jou eie soort diversiteit te vier? Hier is ses kopskuifgedagtes vir elkeen wat met ’n gesonde liggaamsbeeld sukkel … en dis nou al 95% van ons.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Moenie dat jou kop jou lyf boelie nie

Ons is almal elke wakker oomblik van ons dag besig met ’n interne gesprek, sê Richard Carlson, skrywer van Stop Thinking, Start Living. Die probleem is dat ons onsself onvoorwaardelik glo – ook oor hoe ver ons lyf tekort skiet. Lyfliefde begin juis met ons eie selfkonsep – by daardie manier waarop ons oor ons lyf dink. Wees bewus van jou denkpatrone en kyk of jy jouself meer dikwels vertel jy is mooi, of is dit andersom?

Lees ook: Stres minder – kyk na dié 6 denkpatrone

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Jy mag ook sê jy is mooi

Sê jy vir jouself jy is mooi? Gereeld. Daagliks. Élke keer wanneer jy bad, aantrek, grimering aansit, hare kam of in die spieël kyk? Dat jy hou van jou oë, jou hare, jou velkleur? Sónder om ’n voorwaarde by te voeg, soos “al is my bene te dik”. Gee opregte, waarderende erkenning aan al jou pluspunte.

Lees ook: 70 topwenke vir geluk

3 Vier jou uniekheid

Hmm, ja, wel … maar wat van my pap bo-arms, vetrolle en selluliet? ’n Gesonde liggaamsbeeld gaan nie oor perfek wees nie. Die punt is dat dit oukei is as jy skraal of oorgewig is, want of jy lank of kort is, selluliet het of nie, met plooie of ’n gladde vel sit, bepaal geensins wie jy is nie. Eintlik maak elkeen van jou “onvolmaakthede” jou uniek.

Ons ontwikkel nie lyfliefde omdat ons perfekte lywe het nie. Dit ontwikkel wanneer ons hierdie lyf wat ons het, liefkry.

Lees ook: Totsiens selluliet, hallo kurwes

4 Koppel eiewaarde aan talente, bydraes en suksesse

Moenie toelaat dat jou eiewaarde gekoppel word aan ander mense se terugvoer oor jou voorkoms nie. Jy is oukei soos jy ís, nie omdat jy sus of so lyk nie. Jy is oukei oor alles wat jy tot die mensdom bydra.

Een van die diep gewortelde persepsies wêreldwyd is dat skoonheid op sigself eiewaarde impliseer – van ydelheid, domheid, oppervlakkigheid en losse sedes aan die negatiewe kant tot reinheid, fluksheid, eerlikheid en diepte aan die positiewe kant. Nugter gesien is dit mos skone onsin dat ’n mooi neus enigsins iets met jou vermoëns of ingesteldheid te make het.

Lees ook: Skep ’n sterk selfbeeld

5 Wees lyfpositief om jou dogter se onthalwe

Dogtertjies haat nie sommer vanself hul lyfies nie. Hulle leer dit uit ons eie houding teenoor ons lyf. Waarskynlik het jy ook nie grootgeword met die konsep dat jy van jou lyf mag hou nie. Soos Kate Winslet dit stel: “As kind het ek nooit iemand hoor sê, ‘Ek is trots op my lyf’ nie, nie my ma of my suster of my beste maats nie. Daarom sê ek dit gereeld vir my dogter, want ’n positiewe, fisieke lyfbeeld moet op ’n baie jong ouderdom vasgelê word.”

Lees ook: Hoe ek vrede gemaak het met my lyf

6 Wees lyfpositief teenoor ander

Moenie aan lyfafkrakery deelneem nie. Vermy opmerkings soos: “Haar sitvlak is yslik … sy het donderdye … sy is gans te vet om daardie rok te dra … kyk na dié of daardie rolprentster se selluliet.” Dié soort praatjies word die sweep waarmee jy jouself diep sny.

Lees ook: Etiket – waar’s jou maniere?

Wat glo jy van jou?

• Ek het nie geweet ek het ’n negatiewe liggaamsbeeld nie – ek dog ek is vet.
• Ek het nie geweet ek sukkel weens lyfafknouery nie – ek dog ek het ’n swak selfbeeld.
• Ek het nie geweet die volmaakte lyf is nie die norm nie – ek dog ek is ’n mislukking.
– Mindy Kaling van die reeks The Mindy Project

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

19 mins Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

2 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

3 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

5 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

5 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.