1 Geur die wildsvleisfilet met gemaalde swartpeper. Verhit 30 ml olyfolie in ’n pan en braai 4 knoffelhuisies, 3 jenewerbessies en 3 naeltjies tot die knoffel goudbruin is en jy die speserye kan ruik. Braai die filet saam met die speserye en knoffel tot goudbruin, maar nie gaar nie.
2 Voer ’n groot wok met foelie uit met die blink kant na bo. Bedek die boom van die wok met saagsels. Sprinkel witwyn oor die saagsels en voeg die knoffel en speserye by. Sit ’n draadrakkie in die wok, en maak seker dat dit nie aan die saagsels raak nie. Sit die filet op die draadrakkie en maak die bokant van die wok toe met foelie met die blink kant na binne. Verhit oor matige hitte sodat die saagsels begin rook. Laat vir sowat 18-20 min. rook tot gaar.
3 Haal die filet uit, geur met growwe sout en laat vir 5 min. rus. Draai stewig toe met kleefplastiek en foelie en vries tot ferm. Sny die filet met ’n elektriese mes in papierdun skyfies. Geniet dit in slaai of op tuisgebakte brood.