Ons het vir Helia Smit, tuinboukundige by die Cape Garden Centre, gaan raad vra.
Watter produkte kan jy in die stort of bad gebruik?
Dit is belangrik dat die produkte bio-afbreekbaar moet wees. Kyk uit vir die woord “bio-degradable” op die verpakking. Hierdie produkte bestaan meestal uit natuurlike bestanddele.
Watter bestanddele moet vermy word?
• Boraat/boraks (giftig vir plante)
• Natrium (sodium) of bestanddele met die woorde natrium (sodium) in die naam
• Chloor (chlorine)-blykmiddels (die aanvaarbare alternatief is hydrogen peroxide)
• Wat waspoeiers betref: gebruik waspoeiers wat fosfaat-vry is
• Vermy die gebruik van versagmiddels en natruim hypochlorite (JIK)
As jy gryswater gebruik, is daar enige plante wat nie daarvan hou nie?
Gryswater is gewoonlik alkalies. Probeer om dit nie vir lang tydperke op plante wat van suur hou te gebruik nie.
• Asaleas, Begonias, katjiepiering (gardenia), Camellias en varings hou nie daarvan nie.
• Fynbos en proteas is ook nie lief vir gryswater nie, teensy jy baie streng hou by die reëls om die regte produkte te gebruik vir gryswater.
Ons lief hierdie produkte